Weskus Woeligheid

 

DSC_0242

2016 het begin met suur by die soet. Nuwe jaar, nuwe begin, nuwe voornemens. Vriend van ons groep het laasjaar sy pa aan die dood afgestaan. En begin hierdie jaar sy ma. Dit het my net weer laat besef dat mens elke dag voluit moet leef. En die mense rondom jou moet laat weet jy is lief vir hulle.

Ons het so lekker mal Whatsapp groep en die manne is erger as 2 swerms versamelvoëls net voor die son sak. So kon ons uiteindelik Sondag die 3de die grootste klomp van die groep bymekaarkry vir ‘n bietjie bike-ry. As mens in ag neem dat die verste man van Iran af kom wil dit gedoen wees.

Ons het afgespreek om mekaar 7:00 by die Slent/Malmesbury kruis te kry. Wikkels het my sommer by die huis kom haal en ons het vandaar gery na die ontmoetingsplek toe. Hierdie roete van ons is beplan om net teer te wees sodat ons die vrouens kan saamry.

Met die aankoms het daar al ‘n mooi klomp mense vergader. Ons het gegroet en ek het vir Heinie, Verné, en Johan ontmoet. Heinie al geruime tyd op ons groep maar nog nooit ontmoet nie. Die gewone gesigte was ook daar.

7:00 het gekom, 7:00 het gegaan. Iemand was laat. Kanarie en Leoné. 6:47 het die boodskap deurgekom. Ons ry nou. Nou van waar hy bly vat dit seker goed 10min om net uit die dorp te kom. 7:28 het hulle arriveer. Sy verskoning was daar ‘n gogga in Leoné se helmet ingevlieg het. Hy het van nature paar klappe op sy kopdop gekry en moes toe haastig ankers aanslaan sodat mamma die gogga uit haar helmet kan verwyder.

Volgende stop was Malmesbury vir koffie. My vrou se wange was so 1 bar aangesien sy nog nie haar oggend koffie gehad het nie. Oom Ewert het toe sommer besluit ons stop daar en het so stilletjies vir Chantelle laat hoor sy tong maak ook stof-wolke in sy mond.

Malmesbury Wimpy was ‘n vinnige stop vir koffie en toe val ons weer in die pad.

DSC_0222 DSC_0230 DSC_0232

Van hier het ons gery rigting Hopefield. Vir my wat by indirek by Boerdery betrokke is was dit nogal skokkend om te sien hoe droog dit werklik is. Die temperatuur het sommer vroegdag begin klim en ons almal het geweet ons is in vir ‘n ding.

Ons het langs die wind-turbines gestop vir ‘n vinnige foto. Mens besef nie hoe groot die goed is tot jy eers by hulle staan nie.

DSC_0236 DSC_0237 DSC_0239

Van hier het ek bietjie sweeper gespeel aangesien ek nog die heeltyd voor gery het. Die voorste 3 manne het reguit gehou Vredenburg toe en ons moes by Hopefield eintlik afdraai Velddrif toe. Hulle het gelukkig gesien die manne draai af en het gou omgedraai. Ons het vinnig regroup en vandaar die ore gedraai Velddrif toe.

In Velddrif het die manne wat nie BMW’s ry nie (lees swaar op petrol) hulle tenke gevul.

DSC_0241

DSC_0242

Ons het hier vir Alan gebel en hy het gesê hy is so 15min weg. Daar is besluit om gou ‘n draai by die hawe by Laaiplek te gaan ry aangesien ek laas mooi fotos daar geneem het. Net voordat ek die hawe inry trek hier ‘n 1200GS langs my in. Ou waai vir my. Eers click ek nie wie dit is nie en toe gaan die lightbulb aan, dis Alan!! Ons het mooi gestop op die hawe en toe het Alan vir Heksie aan ons voorgestel.

DSC_0243 DSC_0245 DSC_0246 DSC_0256 DSC_0259 DSC_0262 DSC_0265

‘n Allesoorheersende dors het ons oorval en daar is besluit om Teyana’s te besoek om hierdie dors te les.

Hier het ons vriendelike diens gekry asook ‘n lekker koue bier. Met die hitte het die misstersook geloop en die fyn druppels op ons voorkoppe was ‘n welkome ontvlugting van die dag se hitte. Leana (Heksie) het sommer lekker maklik ingepas en het opgemerk dat sy nou verstaan hoekom Alan ‘n liefdesverhouding met sy foon het. Dis nadat sy die eerste paar kwinkslae waargeneem het.

DSC_0267 DSC_0268 DSC_0269 DSC_0271 DSC_0272

Die pad het nog lank voor ons uitgestrek en na die bier het ons terstond in die pad geval. Gerhard en sy pillion het ‘n pakkie gaan optel in Vredenburg. Ons het teerpad opgerol St Helenabaai toe. Ek was nog nooit hier nie so wou bitter graag die ekstra paar kilos ry en die plek gaan besoek. En was ek nie aangenaam verras nie. Dit lyk soos die tipe plek waar jy net jou tent langs die see wil gaan opslaan, die sand is jou voorstoep, die rotse jou muur. Vuurtjie wat brand en ‘n lekker Kaptein en Coke. Ek wil verseker nog weer teruggaan vir ‘n naweek. En die area bietjie verken. Ons het deurgery tot by Britannia baai.10371761_10153887149264224_4982179711829621769_n 10583842_10153887149184224_8933558012850110865_n 10646650_10153887148874224_5553701465312960768_n 12039385_10153887149019224_3322641037693157500_n 12400585_10153887149194224_8468988132647715010_n DSC_0273 DSC_0276 DSC_0279 DSC_0280

Ons is terug Vredenburg toe en vandaar deur na Paternoster. Nou hierdie plekkie is vir my nogal spesiaal. Hier het ek die eerste keer ‘n Captain Morgan en Coke gedrink. In die sogenaamde Panty-bar. Ons het al ‘n keer of 3 by Tietiesbaai saam met my pa’le gaan kamp. En was dit nie lekker nie. Alle kosse is voorberei op die vuur of op gas. Kreef is sommer daar in die baai geduik en verder is daar vis gevang en sommer net gekuier.

DSC_0283 DSC_0284 DSC_0286 DSC_0287 DSC_0288 DSC_0289 DSC_0290

Heinie en Verné se mae het begin raas en hulle het solank koers gekies Juffroushoogte toe. Ons het Gerhard laat weet ons gaan nou ry. Intussen het Nico Nel ook kom oë wys en ietsie vir die keel genuttig. Daar was omtrent ‘n bedrywigheid rondom die hotel aangesien die weer bitter lekker was en almal nog in die vakansie luim was.

Ons het opgesaal en is vandaar deur Vredenburg na Juffroushoogte Gasteplaas en Restaurant. Hulle staan bekend vir hulle Moerse Burger en chips. En Moerse is hy beslis. Kanarie aka 46 het ‘n Dubbel Moerse burger en chips geeet. Die 46 kan ek nie hier verduidelik nie vir veiligheidsredes en aangesien my medies nie 2 weke in die ICU gaan betaal nie.

Die burgers was diep lekker. Van die mense het ‘n Nibble platter geeet en ek moet se dit het ook bitter lekker gelyk. Heinie-hulle het ander verpligtinge gehad en het bietjie vroeer vertrek. Die res van ons het die dag gerek tot op sy einde.

DSC_0291 DSC_0292 DSC_0294 DSC_0295 DSC_0296 DSC_0297 DSC_0298 DSC_0299 DSC_0301 DSC_0302 DSC_030412008_10153887148854224_1626605778141104207_n 944948_10153887148694224_7747857924293344454_n

Met die maage vol was dit tyd om die terugtog aan te pak. Ons sou almal weer vergader by die Engen op die Weskuspad aangesien ek daar wou volmaak. BMW mos lig op petrol. Ons het daar bymekaar gekom en ek het Witvos gou vol petrol gestamp. 17.97km/l met pillion en wind. Hier het ons vir Alan en Leana(Heksie) gegroet. Ons het so stukkie weskuspad gery tot by Yzerfontein en daar weggedraai Darling to aangesien ons die hele ent pad tot daar met die wind reg van voor gery het. die 15km Darling toe het die wind ons hel gegee skuins regs van voor. En die temperatuur het drasties die hoogte in geskiet. Wikkels sê sy fiets het 36 grade gewys. Net buite Darling het ons gou gestop om net asem te skep en het vandaar gery na Malmesbury. Hier het ons mekaar gegroet aangesien oom Ewert N7 langs terug sou gaan, Kanarie met die agterpad Paarl toe, en ek, Wikkels en Gerhard tot by die Mikpunt pad sou ry.

Vandaar het ons maar redelik die perde losgemaak en ek en Wikkels het mekaar sommer so oppad gegroet.

Weereens ‘n baie lekker trippie saam met ‘n awesome klomp mense. Meer as een van die mense wat saamwas het dieselfde opmerking gemaak.

Dis lekker om mens te wees. Jy moet net ‘n lekker mens wees.

12356_10153887148689224_656648413656647096_n

Verkenningstog deur die Karoo

Tags

, , , , , , ,

‘n Hele tydjie terug het ek en my swaer Spykerkuif een dag ‘n draai met die fietse gaan ry. Toe ons terug by die huis kom het ons ‘n lafenissie vir die keel gevat en aan die gesels geraak. Die onderwerp van die bespreking: Wanneer gaan ons ‘n naweek met ons fietse toer en slag grondpad ry?? Die paaie aandurf waarvoor hulle eintlik gemaak is??

Dadelik het ons ‘n kalender uitgepluk en begin kyk na wanneer pas ons albei. Enigste datum wat albei gepas het was die naweek van die 28-30ste Maart.

Sommer net daar maak ons die naweek toe vas en ek begin beplan aan ‘n roete en al die fynere detail rondom die trippie.

Die besluit word toe gemaak dat ons soveel as moontlik grondpad wil ry en ook paaie wat ons nog nie gery het nie. Van al die lees op die forums en ook Deon Meyer se Ridders van die Grondpad, het 2 paaie vir my uitgestaan: Witteberge om na Laingsburg, en Ouberg pas buite Sutherland. Na so bietjie rondvra en navorsing vra ek toe my pa hoe ons kan ry. Die antwoord was maklik, Witteberg regs na Konstabel stasie, ry tot by die teerpad tussen Laingsburg en Ladismith, regs tot in Laingsburg en dan met die Moordenaarskaroo pad deur tot in Sutherland.  Vandaar na Ouberg Pas, af in die Tankwa in deur Tankwa Nasionale reservaat tot by die R355(Pad tussen Ceres en Calvinia) links na die Padstal en dan terug Ceres en Worcester toe. Ek het sommer op my foon die roetes begin plot net sodat ek ‘n gevoel kan kry oor die afstande en wat ons kan verwag. Uiteinde was dat ons so 300km per dag gaan doen en die Sondag heel moontlik so meer na 400km. Met dit in gedagte het die soektog na verblyf begin. Ek was al in Sutherland en Middelpos en Middelpos het vir my ‘n redelike bekoring ingehou so ek sou baie graag daar wou oorbly in die hotel

Bietjie rondgebel en pryse begin kry. Aangesien ek op ‘n budget werk van R1000 wou ek die verblyf so goedkoop as moontlik doen. Na bietjie rondvra het Basson(Dooie Rot) en my broer Emile my verwys na Rudi op Sutherland.

Intussen het ek uitnodigings uitgestuur vir die res van die manne om te hoor of van hulle dalk wil saamry. Robin het sommer dadelik gesê hy is in. Johan het so rukkie later laat weet hy is in. So ons was viermanskappe sterk. Ek het Rudi gebel en pryse en beskikbaarheid gevra en ek het sommer bespreek.

 Na die bespreking het Richard besluit dit is tyd vir trou en daar loop ek vir Rudi en Lilanie op die troue raak. Ons raak aan die gesels en kort voor lank weet Rudi van die trip en se hy maar die storie klink vir hom lekker. Ek en Kanarie(Robin) sê toe sommer vir hom maar dan moet hy inval en saamgaan.

Nou ja om ‘n lang storie kort te maak, besluit Rudi hy gaan saam, nooi sy broer Deo saam en Chatillon besluit hy is ook in. En daar kom die finale getal op 7 te staan.

Die week in aanloop begin ek toe ‘n “countdown” met die aantal dae na Vrydag oor. Ons almal sou die Vrydag op Worcester bymekaar kom en lekker braai en kuier by my ouers se huis en dan die volgende oggend vandaar vertrek.

Ek het intussen die Saterdag voor die trip my fiets lekker gewas en sommer gekyk of als reg is, toe kom ek agter daar is speling op die sprocket carrier. Haal die agterband af en voel die bearings en toe weet ek hier is fout. Begin oplees oor die bearings en toe begin die uithaal proses. 3 ure later en bietjie sukkel en die bearings is uit. Nou moet daar nuwes gekoop word en ingepress word. Gelukkig het ek vir Izak(Dynotech) gevra of hy ‘n press het. Hy het gesê ek kan enige tyd kom dan press ons hulle gou in. So gemaak en daar press ek en oom Cassie hulle in. Die 2 wheel-bearings het ons gelos en ek sou hulle sommer by die huis intik. By die huis gekom tik ek hulle in en sit als aanmekaar.

Kort storie lank het ek die wiel nog 2 keer na dit afgehaal, die ou bearing wat ek weer ingetik het(dit was die donker se skuld) weer vervang met ‘n nuwe een en als reggekry vir die trip.

Intussen het Janna(Johan) laat weet dat sy fiets gediens moet word voor die trip en Spykerkuif(Philip) het toe sommer gesê ons doen dit gou die Vrydag aand.

Vrydag het gekom en ek lê al van 3:40 af wakker. Opgestaan en maar TV gaan kyk. Toe ek van die bank opstaan weet ek daar’s GROOT fout. Spasma in my nek en rug en hierdie was een wat nie sommer gaan skietgee nie.

Paar pynpille later en ‘n koffie en ek is werk toe. Hele dag deur het ek met die pyn geworstel en geweet hier le een LANG naweek voor. ‘n Hele handvol pille uit verskillende oorde het die pyn darem so effens verdoof.

Vrydag het ek en Robin afgespreek en mekaar op die Du Toitskloof pas gekry en vandaar rustig gery na Worcester. Daar aangekom het Spykerkuif, Janna en Chat net daar aangekom en die diens van Janna se fiets het begin.

Daarna het ons verskuif na Elma se huis en vuur opgesteek vir ‘n lekker braai. Die braai was toe so lekker dat ons eers na 1:00 in die bed gekom het. Dit klink dalk vroeg maar as jy 5:00 moet opstaan en 300km die dag in die saal gaan wees. Nodeloos om te sê lê ta mos toe al van 4:00 af wakker. Ons het opgestaan en vinnig begin klaarmaak en begin opkit.

Spykerkuif het hier op ‘n stadium gebel en gevra hoe ver is ons, toe laat weet ek maar ons wag net vir hulle. Hulle het arriveer ons almal het so stuk stuk begin wegtrek. Eerste stop is Caltex buite Worcester sodat almal kan volmaak. Daar aangekom is die pompe toe en die besluit ons om deur te stoot na De Doorns.

Op De Doorns het ons volgemaak en volgende stop was Hexrivier pas vir ‘n foto met die mooie Hexrivier Vallei in die agtergrond.

Vandaar het ons letterlik net die pas geklim tot ons weer by ‘n padwerke stop gekom. Hier het ons so bietjie vertoef en vandaar die pad ingeslaan na Touwsrivier waar ons weer op ‘n padwerke stop afgekom. Hier het ons gou by die Steers gestop, van die manne was redelik honger op die stadium en verskriklik dors.

‘n Goeie uur later het ons weer beign ry en ek het toe maar voorgevat aangesien ek geweet het presies waar die afdraai is. Ek het maar effens Saagie se oor gedraai en die pap aangemaak tot by die Witteberge afdraai . Toe almal daar was het ek weggetrek en nie lank nie toe verskyn daar ‘n KLR in my spieel en toe sien ek net sy liggies voor my kleiner raak. Ek het stadiger gery sodat die manne kan verbykom sodat ek die Sweeper kan wees en sorg dat almal veilig is.

Die manne aan die voorkant het gelukkig met ‘n sak vol planne die naweek aangedurf en elke keer as hulle stop was dit die perfekte plek vir ‘n vrag goeie fotos. Ons 2de stop het ons eers overshoot en toe teruggedraai. Venue: ‘n dam met lekker grond/sand en ‘n mooi berg in die agtergrond!

Nou DS fietse, sand en ‘n klomp jongmanne spel net een ding. MARAKKAS!!!!

Sommer met die inry slag is die eerste vore getrek en toe weet ek hier gaan dit lekker gaan. Ons het die fietse almal langs die dam staangemaak en fotos het begin vloei.

Toe kry iemand die briljante idee om video te maak. Wat dan nou mooier as klomp fiets wat een na die ander wegtrek en bietjie sand opskop. En toe maak ons ook sommer so!

Vandaar het ons gery en toe gebeur die eerste groot insident vir die naweek.: Kanarie koop vir hom ‘n stukkie grond in die Karoo. Gelukkig het hy die grond mooi uitgesoek. Sagte sand net voor ‘n motorhek. Ek het agter hom gery op daardie stadium en toe hy aankom na die motorhek en ek sy lyn sien het ek geweet hier kom moeilikheid. Als het in slow-mo gebeur. In kort deur Johan opgesom in Baaaaaaarppppp baaaaaaaaarpppppp!!! Doef. Tikke tikke tikke. Killswitch!!! Killswitch!!!!

Aansienlik later dieselfde aand het Kanarie homself vorendag gekom met: Die sand het soos donsveertjies gesit op Tweety se lyf.

Verder langs die pad het ons gestop vir ‘n vinnige smoke-break en toe hoor ons Chat sit verder in die pad af hy ‘n watersplash om fotos te neem. Ek het toe gesê ek ry eerste sodat ek ook kan neem soos die manne verbykom.

Ons het ‘n klompie awesome fotos geneem en weer opgesaal en verder gery. Ek was so 4 in die groep en letterlik om die volgende draai vang iets my oog in die pad. Soos ek nader kom sien ek Mr Po Fadder in die pad bietjie lê en son vang. Ek het omtrent rem getrap en redelike strepe in die pad gelos. Die manne na my het ook ernstig gerem en gevra wat is fout?? Ek vra toe of hulle die pofadder gesien het en sê nee, hulle weet van niks. Ons het gou omgedraai en daar lê ta, salig en baas van die stofpad. Na ‘n intensiewe foto-sessie het hy besluit genoeg is genoeg en omgedraai en rustig weggeseil.

Bietjie verder in die pad af kry ek vir Rudi en Deo. Nadat ons die fietse afgesit het vra Deo: “Hoor jy dit?” Ek click dadelik waarvan hy praat maar antwoord nie. Hy vra weer: “Hoor julle dit??” Ek antwoord toe ja. Rudi sê toe maar hy hoor niks. Deo se antwoord:”Presies.”

Hierdie vallei is so kompleks in sy eenvoud. Die stilte raas in jou ore. EN DIS WONDERLIK!!!!

Van hier het ons die pad gevolg en in Laingsburg uitgekom. Met die groot reëns so rukkie terug het die rivier ernstig afgekom en die gevolge is nog baie sigbaar. Ons het besluit Wimpy is die aangewese plek om die innerlike bietjie te versterk. In die Wimpy het die kelnerin vir ‘n ligte oomblik gesorg. Janna het ‘n Dagwood bestel en soos die gewoonte is vra die kelnerin vir Janna, Mnr, hoe soek u die eiers? Ek en Johan het mekaar so gevang met die oog en gesmile. Met die haak die kelnerin af en sê: “Saggies gestreel met lang naels?” EN TOE BARS ONS UIT VAN DIE LAG!!!! En sê so gelyk: O, JY KEN!!!.  Met die instap het my oog die TV gevang, Stormers was 13-10 agter.

Sommer daar en dan is daar besluit die ete moet vinnig gaan, sodat ons nie die loesing kan gade slaan nie. Oppad na die Moordernaarskaroo afdraai het ons gou by die drankwinkel gestop vir ‘n koeligheidjie vir die pad en vandaar die Karoo aangedurf.

Ek het die pad BAIE lank terug gery saam my ouers toe ek nog kind was, maar ook net tot op Rondawel waar daar familie geboer het.  Na Kanarie se grondkoop ekspidisie het die agterste wheel-hugger baie los gesit. By nadere inspeksie was hy gebreek en die kanse was daar dat hy tussen die speke kan beland en die remvloeistof potjie kan beskadig. Ons het hom afgehaal en besluit om die wheel hugger af te sny sodat ons hom kan terugsit. So gesê so gedaan maar hy was toe so dat ons hom nie kon terugsit nie. Toe word hy ge-cable tie aan my pannier frame. Van hier het ons redelik sonder insident gery. Erens langs die pad het ek vir Janna verbygegaan, Hy het langs die pad gestaan en strek soos ‘n ou wat oefen vir ‘n body building kompetisie. Ek het gewaai vir die ou en langs die pad het hy weer ingehaal. Rede vir die strekkery was toe ‘n spier-spasma. Janna het langs my ingeval en ons het toe al staande soos die manne van ouds langs mekaar staan en ry vir LANK!!! Dis nou vir die mense wat kan onthou, die storie CHIPS se tipe langs mekaar ry.

‘n Entjie verder het ons gestop nadat ons deur die rivier gegaan het en toe hoor ons ‘n interessante brokkie inligting. Kanarie was nie die enigste een wat geval het nie. Spykerkuif het self sommer so staan-staan geval. Eenkant van die bike opgeklim en anderkant afgeval!! Gelukkig was die ego meer geskend as die Twin en kon ons darem lag daaroor na die tyd.

Die Twin is OK.

Matewis strek bietjie die spiere.

Die pad vanaf Rondawel tot by Komsberg se uitdraai het aansienlik versleg en dit kan toegeskryf word aan die reëns die week vantevore. Ons het vir ‘n redelike tydjie gery wat daar slegs een paar spore was wat na die reën die pad gebruik het. By Komsberg se kruis het ons gestop en vandaar het die manne die stuk ingesit Sutherland toe. Halfpad teen Komsberg pas uit het ek gestop om die mooi vallei wat aan die linkerkant oopmaak in te drink en fotos te neem.

Ek het daarna die laaste stukkie uitgery en kon toe nêrens stof sien nie. Dit het een ding beteken, die manne het bietjie die perde se ore gedraai. Ek het die pad so geloer en kon sien hy is in ‘n baie goeie toestand en lat wiel in die rigting van Sutherland.

Buite Sutherland het ons nog ‘n foto of 3 geneem en toe die dorp ingevaar. Eers reguit OK toe aangesien niemand geweet het hoe laat hy toemaak nie. Nadat ons klomp goed gekoop het, het ons ons slaapplek gaan soek. Hier het ons ingeboek, verblyf betaal en toe het Paul ons aangeraai om te gaan kyk of die petrolpompe oop is aangesien ons dan eers die volgende dag teen 12:00 petrol gaan kan kry.

Gelukkig vir ons was daar ander mense wat ook pestroleum gesoek het en ons het gou volgemaak. Vandaar is ons terug OK toe om hout en Coke en ys te kry. Hier het ons sommer foelie, aartappels, uie, botter, Aromat, Salt & Pepper seasoning  en mushrooms ook gekry.

Terug na die blyplek, als afgelaai en toe is dit tyd vir ‘n welverdiende lafenissie vir die keel. Enkel Kaptein en Coke het soos nog geproe in Sutherland se Hotel.

Spykerkuif(Philip), Ninja(Chatillon), Kanarie(Robin) vlnr

Klossie(Deo) , Hommel(Rudi), Matewis(Jaco), Janna/Grootseun(Johan) vlnr

Ons het so bietjie vertoef en na die 2de ene het ons besluit dis tyd dat die vuurtjie aan die gang kom en ons ‘n vleisie tan.

Vuur is gemaak en Kanarie het dit reggekry om die vuur te stook sonder om sy donsies te verbrand. Kanarie het vir my, Spykerkuif en himself lekker t-bone steak by Goeie Hoop slaghuis in die Paarl gekry. Nou om dit in perspektief te stel, die steaks het so 800g een geweeg, 3cm+ dik en sappig! Ons was so bietjie lui en koop toe sommer garlic broodjies vir saam met die ete.

Ek en Janna het toe weggetrek en die kardoesies begin maak. Nou vir die mense wat nie weet nie, jy vat foelie, sit hom neer met die blink kant na bo. Dan sny jy jou groente op, sit dit in die middle van die foelie, sit ‘n bottertjie, Aromat en sout en peper by en maak hom toe sodat hy dig seël bo. Die groente kan enige iets wees, van blomkool en broccoli, brussel sprouts, wortel en so kan ek aangaan. Hierdie pakkie/kardoesie word dan op ‘n rooster met matige kole gesit en gestoom tot hy lekker gaar en sag is.

KONINGSKOS!!! Janna het die steak vir ons meesterlik gebraai en kort voor lank het daar ‘n effense stilte begin daal soos die manne ‘n slag hulle kake vir iets anders begin aanwend het as nonsens praat. Soos ‘n klomp manne bymekaar maar is was borde opsioneel en het ons sommer van die rooster af geeet. Deo het wel besluit om ‘n bord te gebruik maar die is kort na ete gewas met Sponsie en Sunlight Liquid wat sy vrou ingepak het. Rudi, Deo en Chattilon het toe besluit dit is tyd vir oë rus en het hulle beddens gaan opsoek.

Ek, Spykerkuif, Janna en Kanarie het besluit ons gaan nog bietjie vasstaan en het verder gebraai en gekuier. Hier teen 00:30 het ons ook katel se kant toe begin staan. Na ‘n gebadtery en handdoek stelery het ons die beddens gevind en ingesluimer vir ‘n goeie nagrus.

Nodeloos om te sê, ‘n klomp mans in dieselfde kamer, almal weet daar moet geslaap word, maar niemand is eintlik al lus vir slaap nie. Het ons die grootste klomp nonsens gepraat en kwytgeraak waaraan mens kan dink. Wishlist vir verjaardag en X-mas, ‘n Go-Pro sodat ek al hierdie dinge kan vaslê op film! Toe ons uiteindelik tot rus kom was die nag se slapie maar kort. Die rede vir die Go-Pro is eintlik om die manne se verskillende snork-style op video vas te vang.

Sondag môre 5:00 het die eerste wekker afgegaan en ‘n moeë hand het hom doodgeklap. Ons het so stelselmatig begin opstaan en begin klaarmaak.

Janna se steakie mooi gegarlic!!

Ons slaapplek vir die nag van agter gesien.

STREK!!!!!! Hier lê ‘n lang dag voor.

Kanarie probeer nog die laaste bietjie slap uit die dag wurg.

Hierdie foto is vir my nogal spesiaal. Nadat ons die foto geneem het, het ons weer terug na ons fietse gestap. Rudi(Hommel) het gesê ons is voor die kerk, kom ons doen ‘n gebed en vra vir bewaring op die pad. Spykerkuif het ingespring en gesê hy sal bid. Net daar het ons in ‘n kring gestaan en Spyker het vir ons gebid vir bewaring en dankie gesê dat ons so bevoorreg is om die skepping op so manier te verken.

Ons het opgestart en vir oulaas die hoofstraat toegemaak met bikes vir ‘n vinnige kiekie of 6. Vandaar het ons gery tot by Ouberg se afdraai.

Ek het ‘n mental note gemaak dat ons defnitief moet terugkeer sodat ons kan gaan sterre kyk en volgende keer gaan ons in Middelpos slaap en Gannaga-pas  ry.

By die afdraai na die Tankwa/Ouberg pas het ons gestop vir ‘n foto en ‘n geselsie en vandaar gery tot ons aan die bopunt van Ouberg Pas gestop het.

Janna was werklik bly oor die grondpad!!

 ‘n Lekker groepfoto by die bord.

 

 Ons resident NINJA

En die Ninja kan dans ook!

Kanarie!!! TWEET TWEET.

 Ek het gereken dit sal goed wees om van elke ou op sy eie ‘n foto of 5 te h aan die bokant van die pas.

Rudi en Humble Bee

Ouderdom begin wys. Die laat nagte eis hul tol. Spykerkuif rus bietjie oë.

DEO(Klossie) laat Superman skaam lyk.

Janna een van die 2 ridders in en van Swart. Hahahaha

Vinnige stop net om te kyk ons is nog op die regte pad.

Tankwa het begin warm raak so ek het my broek en baadjie se thermals uitgezip en is vasgevang op kamera

 Janna, is dit skoon Coke daai?? Ons span bietjie uit by Oudebaaskraaldam.

 Die laaste stukkie van Oudebaaskraal het ek vir ‘n lank ruk voor gery en die pap redelik aangemaak. Ninja is later by my verby en ek het hom eers weer by die Padstal gesien. Die feit dat ons die stukkie vinniger gery het, het meer tyd losgemaak sodat ons lekker rustig by die Padstal kon kuier. Met ons aankoms by die Padstal het Ninja die volgende woorde ge-uiter: “As ek vandag geval het, het ek my binne-in ‘n Boesman tekening geval!” LEGEND statement.

 Kanarie lyk heel in sy element hier in sy wêreld.

 GoPro, Pooratech style.

Robin is connected met die mense by die padstal en kort voor lank het ons sommer vuur aangesteek en die wors wat oor was warm gemaak. Dis seker een van die redes hoekom die Tankwa Padstal so gewild is, die mense is gemaklik en ‘n kuier gebeur sommer so sonder dat jy dit beplan.

Hierdie ou stamperboor was vir my baie spesiaal. My oupa het presies so ene gehad en ek kan onthou hoe ek naweke tyd saam met hom by die boor spandeer het. In die agterplaas by die huis op Laingsburg het daar gewoonlik hopie grond en stukke klip gelê en met dit kon oupa Hans met redelike akkuraatheid sê hoe ver ons van water af was. Om te boor met hulle is harde werk en ‘n harde lewe, maar as jy die Karoo ken en al gesien het hoe skape dors lei verstaan jy beter watter genoegdoening en vervulling mens kry uit ‘n aar water raakboor in die dorre Karoo. As jy ooit eendag die geleentheid het om by ‘n boor te stop en te sien hoe daar geboor word, en ‘n water-aar raak te boor, met die water wat jy hoor opruis in die gat en dat die hoogte van die toring bo uitspuit. Dan, sal jy dalk die kosbaarheid van water verstaan. Touch of Class met hul liedjie – Dans in die Reën vang hierdie gevoel baie mooi vas. Mens sien  stamper-bore nie meer so prominent nie aangesien meeste mense nou met lugdruk-bore werk.

 Rudi het sommer vinnig vir ons ‘n klompie broodjies gereel en mensig was dit leka!!

Ons Ninja span bietjie uit by Touwsrivier se afdraai

Op ‘n lekker naweek!!! BOOOOOJAAAAAAAA

As die fiets so lyk, kan julle julleself indink hoe sy drywer lyk??

Kettingsaag sien die son sak in die Weste.

Hierdie was verseker vir my ‘n naweek vir die boeke. Ons het almal die naweek geniet en almal het veilig terug by hul huise gekom. Ons almal se fietse was heel en ons het voorspoedig gery. Wat meer is, almal in die groep kon stop en net die natuurskoon bewonder en waardeer. Ek moet se dit was regtig ‘n voorreg om hierdie ondervinding met hierdie groep mense te deel.

En so lief soos ek vir gatskuur is, is hierdie die begin van vele. Dit was vir my wonderlik hoe almal ingeskakel het en elkeen sy deel gedoen het sonder om te kla. Elkeen wat die naweek meegemaak het, het male sonder tal gese dat ons meer ons nabye omgewing moet verken. Paaie ry wat ons nog nooit gery het nie. En plekke gaan sien wat ons net kan droom van!

Matewis en Boeremeisie op Kettingsaag na Arum Lilly Log Cabins

Tags

, ,

Laasjaar met bonus-tyd(September) het ek besluit om my vrou so bietjie te treat. Aangesien ons nie eintlik ‘n honeymoon gehad het nie (omdat ek moes werk) het ek besluit dis tyd om net ‘n slag iets anders te doen.

Google is my vriend en ek het hom so bietjie aangetree en plekke in die Wes-Kaap gesoek met ‘n jaquzzi. Arum Lilly Log Cabins het opgeduik. Ek het ook The Baths by Citrusdal oorweeg maar Wolseley was lekker naby en ek ken die area redelik goed.

Ek het met Mandy in verbinding getree en wou aanvanklik die Sondag en Maandag-aand daar oorbly. Aangesien dit op Valentyns naweek val was dit reeds bespreek en moes ek noodgedwonge skuif na die Maandag en Dinsdag-aand. Geen probleem want ek het sommer vir die week verlof ingesit.

Net om dinge effens in perspektief te plaas. Februarie is ‘n besige en duur maand vir my. 14 Feb het ons verloof geraak, 16 Feb het ons getrou en 17 Feb verjaar Chantelle.

Net om dinge bietjie meer interressant te maak het ek Oktober 2013 vir Chantelle gese ek het vir haar ‘n verrassing. Soos ‘n vrou nou mos maar is het die vrae toe begin reen. Wat is dit? Waaroor gaan dit? Waar is dit? Daarna het die raaiery begin. Is dit dalk dit? Is dit dalk dat?? Ek het dit terdee geniet en my net doofstom gehou.

Ek moes sekere mense vertel om dinge in plek te kry en dan het ek maar vir Chantelle en die res laat weet dat Philip weet ook. Hy is toe ook gepeper met vrae, vanaf Chantelle, my skoonma en selfs sy vrou. Ek weet ten minste vir wie ek wat kan vertel en skoonpa het ook geweet.

Deur die maande van Oktober af het ek vir Chantelle so elke nou en dan gevra of sy nuuskierig is. Ek het bitter goed geweet sy was, maar ek moes darem net die vlam so af en toe bietjie aanblaas met petrol.

Dit het nogal beplanning gekos aangesien ek Lisa-Mari by skoonma sou moes los. So bietjie meer as ‘n week voor die vakansie het Chantelle ‘n baie goeie werk losgeslaan by Wellness Warehouse as bestuurder van hulle Glen Garry tak. Ons was baie opgewonde oor dit maar ook maar skrikkerig aangesien dit baie druk op ons as ouers sou plaas en ons ook van baie vrye tyd sou roof. Maar nou ja, as jy wil geldmaak moet jy werk.

Gelukkig het Chantelle hulle gese ons gaan daardie week weg. Die idee was om met Kettingsaag te ry sodat sy ook die wind in jou hare gevoel kan kry en net slag die buitelewe anders kan ervaar. 3 weke voordat ons sou vertrek het Kettingsaag se waterpomp weer begin lek. Ek was redelik kort van draad aangesien ek net einde laasjaar R1200 vir ander waterpomp betaal het en dit vervang het. Nou hoor ek al mense se maar wat wee thy van engines?? Ek het genoeg al by skoonpa en Spykerkuif geleer om te weet wat die voor en agterkant van ‘n moersleutel is.

So het ek maar die nodige parte gekry om die fiets sommer te diens ook en begin uitmekaar haal. Aangesien dit nou die 2de keer is wat ek als moet afhaal om by die waterpomp uit te kom het dit sommer gou gegaan. Ek het ‘n effens wear op die shaft van die waterpomp opgelet en nadat ek by Hando by WOA(World Of Accessories) gaan draai het is dit bevestig. Hy het my ‘n spaar seel gegee sodat ek die nommer kan kry en toe het ek begin rondbel. Ek het uiteindelik ‘n seel gekry by Bearing International in Stikland.

Met die hele werkery wou ek toe sommer die airbox afhaal en die sparkplugs vervang. So kom ek toe agter die een bout wat die airbox in plek hou Is gestrip. Nou hulle se: Geduld is ‘n stadige manier om jou moer te strip. Ek het nie baie geduld nie. ‘n Klouhamer en ‘n skroewedraaier later en so bietjie oormatige krag en die boud was afgebreek en die airbox los. Ek het sommer daar en dan vir BMW gebel en gehoor wat kos die outjie. Verkoopsman het my ‘n diagram gestuur want hy was nie seker waarvan ek praat nie en ‘n mail en oproep of 3 later het ons mekaar verstaan. Hy het my later die week laat weet die part is daar ek kan hom maar kom haal. Die Donderdag middag na werk jaag ek gou deur om die bout op te tel. En daar is dit die verkeerde een!!!! Plus die een wat ek soek dra hulle nie voorraad van nie. Hy sou eers oor 2 dae een kon he!!!! Ek het toe gevra hoe nou en hy het net sy skouers opgetrek. Ek het so stilweg &*#@^)#@ geraak en gevra om met die bestuurder te praat. Hy was heel tegemoedkomend en ons het die probleem gou-gou uitgesort. Ek is daar met met die regte bout en kon die aand my fiets aanmekaar sit. Intussen moes ek ‘n 18 tube-socket gaan koop omdat die BMW nie normale spark-plugs vat nie(lees 16mm of 21mm). Wel nou het ek ten minste een.

Nuwe seels, nuwe olie, sparkplugs en filter verder en die Kettingsaag het gedreun. Vroulief het begin krapperig raak omdat sy nou ‘n nuwe werk het, ons het ‘n Valentynsdans aan, en ‘n troue die daaropvolgende naweek, plus ek moes die Maandag na die troue Centurion toe vlieg vir 2 weke vir werk. Dit het omtrent oortuiging gekos om haar te laat besluit ons moet die week in die helfte deel en een helfte by haar ma’le bly en die ander helfte by my ouers.

Die die aanbreek van die Sondag voor ons vertrek het ek haar gese sy moet haar klere uitsit, ons ry die volgende oggend erens heen en kom eers Donderdag terug. Sy moet n bikini pak en ons ry met die bike wat beteken sy moet lig pak.

Haar ma het eers in skok ingegaan want dis baie gevaarlik ens ens ens. Maandag het aangebreek en ek het gesien dit gaan warm wees. Ons het ontbyt geeet en toe begin opsaal om te ry. Ek het haar my somersbaadjie gegee wat ‘n helse klomp lug deurlaat om haar koel te hou. Ons het weggetrek by die huis en sommer lekker rustig in n ritme gekom. Eerste stop was Badsberg Kelder om wyn te koop en shampers wat ons op ons troue ook gehad het. ‘n Bottel van elk later het ons weer in die pad geval, Slanghoek deur. Ons wou aanvanklik by Opstal eet maar hulle was toe en toe hou ek maar verby Wolseley toe. Daar gekom was die hotel ook toe en toe besluit ek maar op die Spur (hulle het darem ‘nn lekker aircon).

Na ‘n lekker burger en chips het ons gou by die plaaslike supermark ingedraf vir die nodige  en toe het ons aangetrek en na Arum Lilly gery. Toe ek begin stadiger ry sien ek ‘n hand wat hier van agter beduie. Met die stop slag hoor ek, ja ek het mos gese ons gaan soontoe. Ons het gery tot by ons cabin en begin afdra.

 

 

 

 

Ons het die cabin so bietjie verken en toe sommer dadelik gaan kyk na die jaquzzi. Wat ‘n oulike idee!! Het sommer fotos geneem aangesien ek presies weet van iemand wat so iets op hul plaas sal bou.

 

 

 

Ons het die hele res van die dag in die jaquzzi spandeer, ‘n lekker vleisie gebraai en die aand eers na 12 in die bed gekom.

 

 

Die eerste aand het ons ‘n lekker steakie gebraai en sommer net heel aand in die jaquzzi deurgebring

 

 

 

 

 

In die 2 dae het ons so min as moontlik vir so lank as moontlik gedoen!! Ons het besluit om Waverley Hills se pizza bietjie op die proef te stel en mensig!!! Was dit nou die moeite werd. Ons het eers sommer ‘n wynproe deurgewerk en toe gaan aansit vir hierdie feesmaal!

Die 2de aand het ons sommer oorskiet pizza geeet en net rustig verkeer.

Met ons vertrek het ons besluit om sommer by die Witbrug se restaurant ‘n laat-ontbyt.

Met die terugtog het ons sommer by De Wet gaan draai, vandaar Nonna en Nuy deur. Terug na Overhex en Aan de Doorns weer aangesluit Villiersdorp toe.

Na die toertjie het Chantelle vir my gese sy verstaan nou hoekom ek bike ry. Dit laat mens vergeet en afskakel, en mens kom op ‘n “fun” manier by jou bestemming!!

Paarlberg raak toe Ceresberg

Tags

, ,

Hier net voor kersfees het ek al ‘n tydjie lank in die beplanning ‘n trippie teen Paarlberg uit en op tot by die damme en van daar Ceres toe om steak op te tel vir Kers-ete.

Als het mooi geloop tot so 2 dae voor die tyd. Toe koop die een man ‘n BMW, en die ander ene ry sy olie-seel dat hy nou nog teen die pad le. Toe besluit ek en Spykerkuif ry gaan ons ry.

Oggend staan ek op, kit en val in die pad. Die ontmoetingspunt was Paarl McDonalds gewees en ek stop toe om gou petrol in te gooi. In die tyd lui my foon, Spykerkuif.

Met die antwoord hoor ek toe sommer die man se gemoed is nie lekker nie.  Hy se toe die Twin gooi sy agterste plugs dood en hy sukkel nou om ander plugs in te draai. Ek laat weet toe ek kom sommer deur tot op CW dan kan ons vandaar besluit waarheen.

Ek druk toe die Kettingsaag se neus in Worcester se rigting en draai die ou se oor. Op Worcester aangekom hoor ek die weer dreun uit die garage en daar is nie eers ‘n enkele wolkie in die lug nie. Toe weet ek, hier gaan dit gerook.

Met die instap in die garage toe sien ek sommer ek sal nou eers moet dop gooi om die gemoedere te kalmeer. Ek maak ook toe sommer so en stap weer die garage binne. Ek gee toe eers die branfien aan en vra toe wat is die moeilikheid.

Langstorie kort, die Twin se agterste plug sit baie skuins en mens het ‘n spesiale tool nodig om daar in te kom. Ons het eventually Autozone toe gery en ‘n tube-socket gekoop en ons eie plug-spanner geprakseer. Ons kry darem toe die plug dat hy vasdraai en toe is dit ook al amper 11:00.  Ons besluit toe om sommer Brandwacht om te ry en vandaar die pad Ceres toe te vat.

By my ma’le se huis op Worcester draai ons toe regs en ry lekker rustig deur die buurt tot verby die trimpark. Na die trimpark maak ons so bietjie die krane oop. Nou die pad maak 2 sulke lekker S-draaie dan gaan jy deur ‘n dippie, 90-grade draai na regs en dan klim jy Leeu se nek. Spykerkuif het voor die pas aangegee en ek het so bietjie agter geraak. Deur die S-draai gee ek toe so bietjie vet om in te haal. Toe ek die 2de S uitkom sien ek die Twin se briekligte, ‘n bussie aan die regterkant van die pad met sy neus na my toe, en ‘n Hyundai i10 se agterkant in ons baan. EN ALS STAAN BOTSTIL!!!! Nou as daar enigsins borde op was wat mens waarsku dat die pad gesluit is, en ek het soos ‘n hooligan gejaag, sou ek glad nie kwaad gewees het nie want dan was ek onverantwoordelik.

Ek klim maar toe op die agterrem want ek sien toe Spykerkuif gaan gestop kry, maar ek nie. Toe ek my weer kom kry is ek dwars oppad na die i10 se gat en toe weet ek daar is net een genade, LINKS VERBY. Dank Vader ek ry ‘n D/S. Volgende obstacle is toe die padteken bord wat links sit en ek moet toe mooi mik om tussen die i10 en die padteken deur te glip. Genadiglik dop ek deur en ek vang so uit die hoek van my oog hier spring ‘n ou uit die bussie om my te prober keer.

Gelukkig was my visor toe so hy kom nie hoor wat ek hom als noem nie. Hy gooi sy arms in die lug en toe praat ek maar vingertaal met hom terug. Toe ek links kyk sien ek hulle is eintlik besig om ‘n movie of ‘n advertensie te skiet. Met die besluit ek toe, te moer met julle advertensie en draai die Kettingsaag se oor. Nou kyk, die exhaust is glad nie sag nie. Ek weet hulle sou wat ookal hulle geskiet het moes oordoen want toe ek die draai uitgaan sien ek agter my kom die Swart Mamba ook. Agter by die kruis stop ons toe en wissel gou paar woorde. Spykerkuif vra toe of ons nie moet terugry en die ou se kar vol duike moet gaan skop nie(ek was baie tempted). Vandaar vat ons toe pad Ceres toe.

In Ceres het ons gou gestop vir petrol en toe gaan kry ons gou steak in Hamlet. Met die terugkom besluit ons toe dis darem vrek warm en ons gaan moet stop vir ‘n ietsie vir die maag aangesien ons albei toe al dun was – by wyse van spreke. Eerste en beste plek is toe sommer die restaurant by die Witbrug. Soos ek in my vorige blogs gese het, mens is altyd haastig en dan jag jy net om op die einde te kom, hierdie is dieselfde geval. Ek het 5 jaar in Ceres gewerk en nooit hier gestop nie en kan nie glo ek het hierdie juweel gemis nie.

Ek en Spykerkuif het met groot gedreun daar aangekom en is nogal aangekyk toe ons afklim. Ons het die opset so uitgekyk en toe sien ons hierdie is sommer gemaklike mense. Daar het ‘n groupie buite in die swembad gesit aangesien dit diep warm was. Ek en Spyker het ons toe op die stoep gaan tuismaak en rustig gesit.

Mense is vriendelik en het ons in Afrikaans gedien wat ‘n groot plus op my lysie is.

 Die uitsig van die stoep af

 Gin en dry-lemon vir Spyker en ‘n Kaptein en Coke vir my.

 DIEP lekker Chicken burger en chips.

Van hier het ons besluit om sommer Bainskloof oor te ry aangesien dit so lekker dag was. Houghie het ook gese hy het ‘n pakkie om af te lewer en toe besluit ons om mekaar in Zu’bar te kry. Hy het die koudste bier gewaarborg en ons was heel gelukkig met dit.

Met die hitte het daar oral in die pas mense gestop en in die rivier geswem. Moet se dit sou nogal lekker gewees het. Mental note: Pak swembroek in voor ek weer enigsins op biketrip gaan.

Halfpad boontoe het ons eers gestop vir ‘n fotosessie. Dit was maar ‘n vining stop gewees want in die hitte wou ons nie te lank stilstaan nie. lugvloei help darem om af te koel.

 Stoppie bo-op die berg om die uitsig te waardeer.

 Biertjie saam met Houghie in Wellington.

Van hier het ons paaie weer uitmekaar geloop. Ek is terug Kaap se kant toe en Spykerkuif het oor Du Toitskloof Worcester toe gery.

BAIE warm dag maar baie lekker om die natuurskoon om die rug van ‘n yster te geniet.

Spykerkuif, Matewis en die Breede Bash

Tags

, , , , ,

Nadat ek die Kettingsaag gekoop het, het ek by ‘n forum genaamd Wilddogs aangesluit. Aanvanklik eers bietjie die dam en sy ganse uitgekyk en toe gesien maar die meeste van hulle is net so laf soos ek. Lekker man lekker. Gawe mense wat mekaar so af en toe bietjie byt en dan weer aangaan.

Sommer dadelik tuis gevoel en toe dop hierdie Breede Bash eendag voor my op. Aangesien ek en Spykerkuif(My Heavy) of swaer in mooi Afrikaans albei reeds die Saterdag aand planne gehad het, het ons besluit om die Vrydag al deur te ry en langs die rivier te gaan kamp.

Vroeer die betrokke week moes ek Ceres toe om suppliers te gaan sien. Soos die gewoonte al is het ek by oom Hempas gestop by Hamlet Slaghuis en vir ons 2 monster T-bones gekry vir die Vrydag se braai.

Kom ek stel dit net gou in perspektief. As ek Ceres toe gaan, koop ek steak daar en was nog nooit spyt nie. Ek is eintlik ‘n rump of sirloin man maar het besluit dis tyd vir ‘n verandering. Het oom Hempas mooi gevra om die T-bones lekker dik te sny. Hy het my gedagtes mooi gelees en toe maak hy die lem op so ongeveer 3cm dik staan. Hy het net opgekyk en toe hy my vang het hy gesny. Sommer geweet dis wat ek wou he. Ek koop al amper 10 jaar steak by hom en dis lekker as mens sommer so tuis voel.

Soos ‘n goeie vriend van my eendag gese het, jy sorg dat jy ‘n  goeie verhouding met jou God, jou prokureur en jou blokman by die slaghuis het.

2 x 750g steaks later in ‘n lekker sousie het die nwk gewink.

Donderdag het gekom en ek het gesorg dat die Kettingsaag gepak is sodat ek sommer Vrydag na werk in die pad kan val. Intussen het die groupie wat Vrydag sou kamp mooi gegroei(eintlike kuier is eers die Saterdag) en Legadema het met my kontak gemaak om te hoor of ons kan saamry van die tonnel af.

Ek het so bietjie laat weggekom en maar binne die spoedgrens gehou aangesien mens nie weet waar die Bewakers van die koeltebome skuil om duur fotos van jou te neem nie. Toe ek by Legadema aankom was hy net besig om op te kit om te ry. Ons het vinnig gegroet en toe se hy ek kan maar laat waai. Nou hy het ‘n Katoooom gery, vir die wat nie weet nie, die goed is morsig vinnig. Ek het toe maar aangestoot Du Toitskloof pas uit en hy het defnitief rustig gery. Net so voor Worcester het die blits op my afgekom en toe het ons saam gecruise tot by Spykerkuif se huis. Daar aangekom het ons hom bietjie aangejaag sodat ons kan ry aangesien hy inmeng met ons drink-tyd.

‘n Vinnige stop by die “apteek” vir die nodige “medisyne” en ons was oppad. Spykerkuif het voor gevat met die Swart Mamba, dan Legadema en dan ek.  By Brandvlei het ons afgedraai en sommer die eerste grondpaadjie weer links en toe ek weer opkyk sien ek net stof en toe dop Spykerkuif voor my uit.

My maak ook toe maar die pap aan en ek het terug gehang sodat ek nie in sy stof ry nie. Ons het toe afgedraai by Rivierplaas en darem toe vir Legadema opgespoor waar hy al rustig rondgestaan het.

By navraag het hy gese hy het maar die Katoooom se oor gedraai om darem net te kyk of die ou nog 180 op die grondpad kan loop. HECTIC!!!!

Ons het afgesaal en gou kamp opgeslaan maar nie voordat ons eers ietsie vir die keel gegooi het nie.

Nadat ons slaapplek vir die nag reg was( my ma se altyd solank haar slaapplek reg is sien sy kans vir baie) het ons gaan kennismaak met die ander manne wat ook die Vrydag deurgekom het. Uitgevind die manne is van Hermanus en een van hulle ry ‘n lekker DR.

Met die het ek eers fotos geneem en aan die minderbevoorregtes (Basson van der Spuy) gestuur wat ook ‘n DR het. Die boodskap wat ek terug ontvang het kan ek nie hier weerle nie aangesien ek bang is daar is familie-mense wat dit lees. Ons glo hy sal volgende jaar hierdie een mee-maak.

Ek het so bietjie rondgekyk, toe se die manne ons moet oorstap na waar die vreugdesvure brand.

Daar aangekom met net glas in hand het ons kennis gemaak met die ander manne en toe ek weer sien sneuwel die voggies in my glas. Nou die wat my ken weet ek drink rum. En net een soort. KAPTEIN. Spykerkuif het my so gekyk en gese, ons het mos nie gekom om te loop nie. Toe se ek nee. Ons het toe sommer die Kaptein en die Pepsi gaan haal en saamgebring vuur toe.

Die manne was nie skaam met hulle hout nie en ook nie met die ys nie.

Mental Note to self: Remember the ice!!! Aangesien ek met die vorige plaasnaweek die ys vergeet het en nou nog die prys vir daai een betaal.

Dis vir my altyd wonderlik hoe mense van heeltemal verskillende agtergronde, met verskillende verwysingsraamwerke en verskillende ideale,drome en idees kan saamkom en saam kuier wat slegs een belangstelling deel. Hierdie naweek het dit net weer bewys. Maak nie saak wat jy doen, wat jou bankbalans of jou claim to fame is nie. Ons het een passie gedeel. Avontuur. En meer spesifiek, Avontuur-fietse.

Ek dink die volgende foto som ‘n biker mooi op:

Die vure het gebrand, die voggies gevloei en toe pluk ek daai 2 monster-steaks uit en die manne se monde begin water. Ons 2 steaks het die rooster vol gele. Ek was die braaier en Spykerkuif die skinker. Ek wou nou se ons het ‘n skilpad braai gehad(min vleis en baie dop) maar ek sal lieg as ek so se.

Een steak het ‘n grootbord vol gele so ons het net steak geeet.

Kettingsaag en die Swart Mamba

Spykerkuif, die smile se dit als

Vroegerig die aand hoor ons ‘n mooi dreuning. Toe ons weer sien dop daar ‘n V-Strom uit. Man genaamd Chris as ek reg onthou al die pad vanaf Swellendam.

Die pad van Swellendam was lank en die week bedrywig.

Legadema mors nie nog tyd met tente nie!

Lekker buite stort!!!

Soos gewoonlik was ek al vroeg op 4:00 nadat ons so rondom 1:00 gaan slaap het. Met die opstaan het Legadema ons getreat met ‘n lekker koffie. Dis seker die eerste ding wat ek vir my gaan kry voor my volgende trip. ‘n Beker en keteltjie sodat mens koffie kan drink.

Van die Worcester manne wat ook Bash toe sou kom het so drupsgewys begin aankom en toe raak die manne honger. Besluit is geneem om so bietjie Robertson toe te ry vir ‘n lekker brekkie by die Dros. Manne het in gelid ingeval en die grondpad gevat. Aangesien ek en Vader Tyd ‘n afspraak met mekaar het as ek op die bike is, het ek die agterhoede gebring.

Later van die manne verbygegaan en by die Dros aangekom en so bietjie reggestaan vir ‘n paar kiekies.

Na ‘n lekker brekkie en ‘n voggie of 2 het ons in die pad geval Rooiberg Kelder toe. Hier sou ons regs draai en die grondpad vat Nuy toe. Ek het sommer weggevlie en voor gery.

Oppad Rooiberg toe kyk ek in my spieels. Daai gevoel wat so teen mens se rug opkruip en jou hoendervleis gee, dis hoe ek gevoel het met ‘n stuk of 10 bikers agter my. WOW!!! Wel net voor Rooiberg gaan ek ‘n lorrie verby wat afgetrek het om plek te maak vir ons om verby te kom. Halfpad verby die lorrie hoor ek Kettingsaag se 2-stroke het ingeskop en hy dreun aansienlik harder en dieper. Ek is min gepla en draai die ou se oor net verder met die gedagte dat die klank teen die lorrie vasslaan en terugslaan en vir my harder klink. Lorrie verby hoor ek maar die dreuning verander nie en dis toe dat ek my linkerhand uitsteek en voel waar die exhaust is. Guess what, A WHOLE LOT OF NOTHINGNESS!!!! Nou kom ek plaas dit gou in perspektief: Dis ‘n Two Brothers pyp, Carbon Fibre en my broer het hom saamgebring uit Amerika. Skat hy is so R4500 werd so toe begin ek al woordeboeke herskryf. Trek af en draai om. Spykerkuif het agter my gery en in sy verduideliking later se hy dit het gelyk soos iets uit ‘n movie. Die pyp het losgekom by die pop-rivets en woerts daar gaan hy. Spyker het eers geswenk na links, toe na regs en gelukkig toe die pyp grondvat skiet hy oor die pad en eindig aan die ander kant in ‘n bos op. Mapsource en nog ‘n man of 2 het gestop en toe begin die soektog. Eventually het Spykerkuif hom gekry waaroor ek baie bly was. Wonder bo wonder was hy nog heel(bewys van hoe sterk  Carbon Fibre werklik is).

Ons het die manne meegedeel hulle moet maar verder ry en dat ons eers terug CW toe gaan ry om hom te gaan regmaak.

Nou 100km/h met ‘n af exhaust is nie my idee van fun nie. Op hierdie stadium het ‘n Rotary met ‘n 76mm exhaust niks op my gehad nie, sou hom laat skaam lyk. My Spykerkuif aangekom het ons eers ‘n branfien gegooi want toe  was ek diep dors aangesien dit varkwarm was.

Ons het die pyp reggemaak en ‘n  uur en ‘n half later het Kettingsaag weer soos ‘n 4–stroke gedreun en toe besluit ons om sommer  Slanghoek toe te ry aangesien dit ‘n mooi pad is en ons by Dam Fine Café(Boshimela) kon stop vir ietsie vir die keel. Ek en Spyker het  besluit om fietse te ruil aangesien ek nog nie met die Swart Mamba gery het nie.

Daar aangekom besef ons ons het nog niks geeet nie.  Lekker bord chips en ‘n Passionfruit en lemonade verder val ons in die pad oor die nek oppad na die laagwaterbrug. Daar het ons gestop en toe het ek eers ‘n profile-pic vir en van Spykerkuif geneem op die laagwaterbrug. Hiervandaan is ons terug huis toe.
Luilekker spin om die naweek af te sluit. Laastens wil ek net se dat Rivierplaas sommer ‘n lekker plek is om te kamp. Vir ‘n naweek of lang.

Ek het net weer besef oral om ons sit ons met sulke juwele wat ons nooit van weet of sien nie. Dit laat dink my aan die volgende:

Many moons ago het so kort ronde mannetjie saam met wie ek gewerk het ‘n paar windgat laaities koudgesit.

Ons het so 60km buite Tzaneen op die Eiland pad een aand gebraai soos die gebruik was. Een van die manne daar nooi toe 2 van sy pelle oor om saam te kom braai. Want ons is mos darem gasvrye Kaapse manne. Hulle kom toe met groot bravado daar aan. Miskien moet ek net se dat hulle toe vars uit de skool is en op daai stadium is wat hulle als weet en almal kan vreksuip. Needless to say was ons toe al ‘n KWV of 2 voor. Hulle kom brag toe oor hulle oorsee gaan en die een was al in Europa en na so 10 minute vra ou Ambrose vir hulle twee: “Nou se my was julle al in die Kaap?” Nee antwoord albei. Toe se Ambrose: “nou hou asb op met $^* praat, as jy nog nie in die Kaap was nie, was jy nog nerens.” 10min later toe is die 2 Frikkies skoonveld en hulle los hulle cooler vol kos en drank net so. Hulle het die volgende oggend ‘n lee koelboks kom haal.

Ons is altyd opsoek na die juwele daar ver, Kruger Wildtuin, Namibie, Botswana, Amerika en so kan ek aangaan. Maar die werklike juwele wat ‘n klipgooi van ons af is. Mis ons.

Sommer net so gedagte vir die dag.

1ste Trip Vredendal

Ek het die 18de September amptelik my Dakki gekry. Die fiets was my broer s’n wat ek by hom oorgekoop het en hy het op Worcester gestaan.

Donderdag oggend 19 September skiet ek gou met die BMW deur CW toe. Kar het lanklaas langpad geloop toe laat kuier ek hom net so skielik ver anderkant die spoed wat Julius Malema in warm water gehad het so rukkie terug.

Needless to say is daar 4:30 in die oggend nie vreeslik  verkeer nie. Op Worcester aangekom het ek gou koffie gedrink saam met die Ou Meubels(parentals) en toe begin om my kiste te pak.

Ek het al voor my trip ‘n naweek met die fiets gery en agtergekom hy vreet brakepads erger as wat ‘n trop springkane op ‘n groen veld.

Dus met ‘n nuwe stel briekskoene agter het ek so net na 7:30 op Worcester weggetrek. Aangesien ek die fiets toe net gekry het was my ATGATT gear ‘n jean, ‘n paar FOX Comp5 bootse en First Assent reenbaadjie.

Die eintlik rede agter my trippie Vredendal toe was ‘n gymkhana wat die Saterdag op die vliegveld gehou word. Buiten my liefde vir die buitelewe en 2-wiele het ek ook ‘n liefde vir spoed en draaie, dus het ek en my swaer oor 4 jaar ‘n karretjie opgebou wat ons vir hierdie doel gebruik.

Picture taken at Wings & Wheels expo

Toe ek Wolseley inry het ek besluit om bietjie vir my broer te gaan hallo se. Die weer het iffy gelyk en ek het verwag om nat te reen en route Vredendal toe.

Na so bietjie nonsense praat het ek gestop om petrol in te gooi. Het net R120 op my gehad en besluit toe om die R120 in te gooi. Vandaar het ek seker heelpad so 80-90km/h gery tot in Porterville. Ek het die dag toe ek my fiets gaan optel besluit die lewe is te gejaagd. Een ding wat ek nie gaan doen nie is om te jaag. Life goes by at 180km/h and when we arrive at the end, we have forgotten to live and be free.

Porterville het ek buite die dorp gestop en eers ‘n foto of 6 geneem.

Vandaar het ek die pad gevat Citrusdal toe. Net buite Porterville het ek ‘n lorrie gekry wat net mooi so 80km/h ry. Ek het slipstream gery tot voor Piekenierskloof pas en toe verbygegaan en bietjie die Two Brothers pyp laat praat. Amper bo het ek eers gestop vir ‘n paar fotos. Seker een van die mooiste gesigte veral as die Canola in blom is.

                          

Uitsig vanaf Piekenierskloof pas

In ons vriendekring het ons ‘n se-ding: Geld het ons nie, maar tyd het ons BAAAAAAIIIIIEEEEEE!!!!

Dus het ek besluit om my tyd te vat en die varslug en omgewing te geniet. Teen ‘n slakkepas. Soos Deon Meyer tereg in sy boek Ridders van die Grondpad se: As jy avontuur soek, koop ‘n avontuur-fiets(D/S of Dual Sport).

Net onder Piekenierskloof pas het ek weggedraai Citrusdal toe. In die dorp links gedraai in die rigting van Clanwilliam en toe die grondpad gevat al langs die rivier af.

Om dit in perspektief te stel. Sedert St.5 het ek saam met my ouers en later op my eie toe ek liksens gekry het, amper elke jaar ten minste een keer die N7 gevat plaas of Upington of Groblershoop toe. In die gejaagde lewe het ek nooit die anderkant van die rivier verken nie want ek was altyd volspoed oppad na my eindbestemming.

Hierdie keer was tyd aan my kant, en terwyl die mense op die N7 by die padwerke gesit het, het ek my visor oopgemaak, my bene reguit gemaak en rustig op die pegs gestaan en die veld en rivier ingedrink. Na so 10km het ek op ‘n hoogte gestop en gaan sit en kyk hoe die mense op die N7 verbyjaag, my kop geskud en hulle jammer gekry.

 

Van hier het ek gery tot by die Cederberg Algeria kruis en sommer reguit oor gehou in die rigting van Clanwilliam. En al wat ek kan se is WOW. Wat ‘n stunning pad om te ry. Ek was verbaas oor die grootte van Clanwilliam dam. Dink nie mens besef hoe groot die dam werklik is nie. Baie van hom sit weggesteek agter die berge.

 

Van anderkant Clanwilliam het ek die pad rivier af gevat in die rigting van Bulshoekdam. Hier ‘n rukkie vertoef en ‘n paar mooi fotos geneem.

Bulshoek dam

By hierdie stroompie het ek gestop en seker ‘n halfuur lank net gesit. Yskoue neutvars water uit die stroompie gedrink en sommer net gechill.

Hierdie foto moes ek net neem. Was amazed oor hoe klein die fiets eintlik vertoon teen die massiewe ou bloekom. Die swartgebrande boom regs het vir my ‘n baie goeie kontras geskep tussen die groen.

Met die reen het die Olifantsrivier sterk geloop en soos gewoonlik redelik ver opgestoot in die boere se wingerde. Ek het 6 ure gery vanaf Wolseley tot in Vredendal met R120 se petrol. AWESOME!

Volgende dag het my vriende so stuk-stuk begin opdaag, maar heel eerste het ek so ‘n rit gevat Strandfontein toe. Dit bly vir my seker een van die mooiste strande.

 Rivier het hoog opgestoot en pad was toe. Tyd vir ‘n detour.

Treinspoor pad tussen Strandontein en Vredendal. Seepglad as dit gereen het.

By bogenoemde kamperasie is die Dakkie amptelik Kettingsaag gedoop. Na ‘n dag se racing het ons weer by die kampplek gekuier en toe het ek die volgende oggend opgestaan en begin kamp opslaan sodat ek kan terugdraai Kaap toe.

Nadat ek opgepak en gegroet het, het ek in die pad geval, nie werklik geweet watter roete ek wil ry nie. Oppad uit Vredendal Klawer toe gewaar ek ‘n bordjie wat se Lambertsbaai. Draai dadelik regs en die eerste stukkie gaan dit heel OK. Toe begin dit sanderig raak en nat. In die fotos onder kan julle die eerste poele water agter Kettingsaag sien. Het so 2 poele vermy deur op die kant van die pad deur te ry, daarna was dit reguit deur of omdraai, en van omdraai ken ek nie. Toe tackle ek hulle head-on.

 Die 53km tussen Vredendal en Lambertsbaai was nat, maar dit was net ter voorbereiding vir die pad verby Muisbosskerm oppad Elandsbaai toe. Hier ek het 5 major poele geslaan. Beste van als was toe ‘n ou aan die oorkant van een van die poele met ‘n mooi rooi nuwe Polo, gestop het en vir my wink om deur te kom. Needless to say, het my ma nie bang kinders grootgemaak nie, sy maak kinders bang! 1ste rat gehak, op die pegs gestaan en die poel reg in die middle ge-enter. Die frikkie in die Polo het dit amusant gevind. Sy glimlag het egter vining verdwyn toe die 650 begin blaf deur die water en die modder in sy rigting gevlieg kom. Sy elektriese venster was net so vinnig, en dit was net mooi te stadig.

Hy het so bietjie modder geeet, Kettingsaag het op die limiter geblaf en toe haak ek 2de. Pad van daar Elandsbaai toe is seker van die mooiste paaie wat mens kan ry, buiten die Tankwa.

Vandaar het ek Dwarskersbos , Velddrif en toe Durbanville Hills oor huis toe gery. In Tygervallei se parker area het ‘n vrou amper ‘n voetganger omgery van vir my kyk.

My vrou het maar net haar kop geskud en gese ek moet ‘n WAP koop as ek so wil aangaan.

Namatrap

Na afloop van ons Sutherland trip het ek al begin planne maak vir ons volgende trip. Namakwaland toe! Siende dat familie van my seker een van die mooiste kampplekke in daardie deel van die wêreld het moes ek net eenvoudig daar gaan draai, maar meer oor die versteekte juweel later. Soos met als is die resep vir ‘n lekker toer goeie beplanning. Ek het vroegtydig almal laat weet wat die beplande datum is en die meeste het dit so aangeteken en hulle dagboeke geskuif om dit te kan meemaak. Ongelukkig is daar sommige manne en dames wat dit nie kon maak nie. Gelukkig vir hulle sal hulle kan saamtoer deur middel van die blog. Ons datum vir vertrek was vasgemaak vir Vrydag-oggend 26 September. Soos ek nou hier sit en tik is dit die 15de September. Ek sit met ‘n lekker verkoue na die naweek en Woensdag tot Vrydag het ek ‘n kursus in die stad. Erens die naweek en begin volgende week moet Saagie nog nuwe rubber kry en die exhaust bracket moet vervang word. Boeremeisie moet ‘n broek en bootse kry sodat sy gekit is vir die trippie. Ek gaan ‘n groter tent moet aanskaf en dalk ander matrasse ook. Intussen het ons darem ‘n ou vakansiedaggie gehad. Nie dat ek veel van ‘n vakansiedag of ‘n braaidag gehad het nie. Die skoonmense is besig om te trek na ‘n nuwe huis en hulle moet 30 September uit wees so ek en Spykerkuif het ingespring en gaan help trek. Gedurende die trekkery stop ek gou op Villiersdorp om diesel in te gooi en sien hier staan ‘n mooi Tenere. Kyk van nader en agter op die topbox sit ‘n Wilddog en Roamafrica sticker. Oom Foe-rie!!!!  Was toe sommer lekker om paar woorde te wissel en ‘n gesig by die naam te sit! Na die trekkery by die huis gestop en toe stop Kanarie nie lank na my nie. Geel Kameel kort nuwe sprockets en ketting. Uur later was hy oppad en ek het begin om my fiets se laaste parte op te sit. Op die stadium was ek nog vir my exhaust bracket en dis al Donderdag oggend. Vanaand lê die groot pak voor en more-oggend 8:00 val ons in die pad!! Panda en Kanarie het by my opgedaag en die groot pad het begin. Baas Piet het sy opblaasmatrasse vir my geleen en ounag het ek nog gery om hulle te gaan optel. Kanarie het gese hy kort ‘n haarskeer en so gesê so gemaak!

Soos ‘n klomp mans maar is het ons ook gesê ons gaan vroeg slap. Vroeg raak toe 12:00!! My vriende sê al ek is allergies vir my bed. 4:00 was ek wakker. En dit het maar swaar gegaan om nog te lê tot 5:30. Die groep het afgespreek om mekaar 8:00 by Frankie’s Corner Shop te kry aangesien ‘n deel van die groep van Villiersdorp se kant gekom het, een van Bottelary, ons uit Protea Hoogte en nog ‘n couple van Vredekloof.

Een reël wat ons vasgemaak het in die groep, is dat sodra jy jou helmet opsit, tyd irrelevant is. Ek, Chantelle, Kanarie en Panda het so net voor 8:00 ‘n reeds wagtende Ninja en Maanskyn  by Frankie’s Corner Shop gekry. Sommer met die stopslag kon ek sien Duifie(Ninja se F650GS) is GELAAI!! Ons het gewag en Martin, ‘n nuwe toevoeging tot die groep het arriveer op ‘n Honda XR650 genaamd The Red Hammer. Martin het sommer gou ingepas en ons het soos normal eers uitgevra oor sy fiets ens.

‘n Rukkie later het Hommel(Rudi) & Perdeby(Lilanie)F800GS, Klossie(Deo) & Vlossie(Rene)Dakar en Manie en Bernice op ‘n 1200GS arriveer. Ons het gegroet en besluit om in die pad te val aangesien die weer redelik dreigend gelyk het. Ons het in die rigting van Malmesbury gery met die Klipheuwel pad.

Skaars het ons begin ry en die eerste druppel het geval. Gevolg deur nog ‘n hele paar. Regte fyn Kaapse reën. Omdat daar ‘n boerseun se bloed deur my are vloei, het hierdie reën my glad nie gepla nie. Ek was dankbaar dat die Here ons met ‘n goeie reënseisoen seën. Al beteken dit ek reën nat op die bike-trip.

Die reëntjie was net genoeg om mens nat te maak, maar nie deurnat nie. ‘n Entjie anderkant Mikpunt meer na Klein Wolwedans het die reën opgehou en het ons rustig gery tot in Malmesbury. Manie het voor ons vertrek het gese hy het ‘n redelike hongerte op hom en die Wimpy was die regte plek om hierdie honger te stil.

Met die aankoms by die Wimpy was daar nie parkeerplek vir ons klomp motorfietse nie en ek het sommer op die laaisone gaan stop. Ek sien toe daar kom ‘n mannetjie aangestap en hy is oppad na my toe. Hy vra toe of ons asseblief kan skuif aangesien hulle wag op ‘n aflewering of 2. Hy stap toe en gaan soek vir ons parkering en wuif dat ons nader kan kom. Van die manne kry toe sommer onderdak parkering. Moet se ek was nogal beindruk met die gebaar. Kort voor lank het ons die Wimpy oorgevat en die manne het bestel en begin eet.

Na die ete het daar ‘n groot bui reën uitgesak, reënjasse het uitgekom en toe die reën so effens skiet gee het ek Saagie opgestart en die uittog het begin. By die afdraai na Hopefield het ons links gedraai. Hierdie pad het ek baie lanklaas gery en ek moet se die windlaaiers teen die pad is bitter mooi en nogal indrukwekkend. Ons het gestop vir ‘n rook-breuk en sommer bietjie die grote van hierdie enorme waaiers ingedrink.

Die laaste stukkie Velddrif toe het ek ‘n bitter mooi Koedoe langs die pad gesien. By navraag of die ander manne hom gesien het, blyk dit toe dat ek en Chantelle die enigstes was wat hom gesien het. Ons het almal volgemaak by die garage en volgende stop was Laaiplek se hawe. Hier het ons ‘n watergat raakgeloop en ‘n lekker yskoue biertjie gedrink en sommer net lekker rustig gesit en gesels.

Na ‘n koue bier of 2 het ons opgesaal en in die rigting van Dwarskersbos gery. Volgende stop Elandsbaai!!!

Ons het tot voor op die punt gery en paar fotos geneem. Vandaar het ons omgesit na Die Witmossel Pot.

Vandaar het ons die laaste stukkie grondpad aangedurf tot by Lambertsbaai. Maar nie voordat ons ‘n stop gemaak het by Muisbosskerm nie. Ongelukkig was hierdie trip so beplan dat ons nie by Muisbos sal kan eet nie, aangesien nie almal my liefde vir seekos deel nie. Hierdie is defnitief op my lys van plekke om te besoek in die nabye toekoms. Die Weskus maak vir van die beste sonsondergang fotos.

Volgende stop was Isabella’s in Lambertsbaai se hawe. Ek het al voorheen ‘n keer of wat daar geëet en ek het die manne in daardie rigting gestuur. Ek moet darem nou sê, ons het als bestel van calamari tot vis tot sushi en ek kan hulle regtig aanbeveel. Goeie kos teen ‘n goeie prys!!

Die tyd het ons so bietjie begin vang en ons het die regterore gedraai oppad Doringbaai toe. Doringbaai was die laaste stop vir vloeibare verversings by die “apteek” op te tel. Terwyl die manne die “apteek” besoek het, het ek gesê ek gaan vooruit ry en fotos neem soos die manne verbykom. Ek het daar weggevlieg en Saagie se Two Brothers pyp bietjie laat praat. Later sou ek hoor dat een van die plaaslike manne daar gesê het: Da pakhaai ding!! Dit het toe die sê-ding van die naweek geword.

Skaars buite die dorpsgrense het ek ‘n baie mooi aftrekplek gesien met ‘n mooi uitsig oor die hawe. Ek kon dit net nie verbyry nie. Toe ek hoor die manne is oppad het ek pad toe gehardloop en die manne afgetrek sodat ons bietjie fotos kan neem.

Da pak haai ding!!

By Strandfontein aangekom het ons die betrokke partye gebel om vir ons die sleutels etc te gee. Na ‘n redelike lang wag het ek en Kanarie die res van die span vooruit gestuur om te gaan kyk of hulle nie dalk nog die kafee oop kan vang nie. Die man wat die sleutels moet gee het ook darem arriveer en ons het ons sleutels gekry en afgery na die kafee.

Ek en Kanarie het hom net betyds bereik en gou vir ons die nodige bymiddels en ys gekry. Ek moet net noem dat daar die mooiste Siamese katjie hier by die kafee ronddwaal. Was sommer lus en pak hom in. Ons het met vragte hout, Coke en ys die bulte aangedurf en ons kampplek gaan soek. Die manne het blitsig afgesaal en toe ons weer sien staan die tente en die slaapplek is reg!! My ma het altyd gesê: “As jy by enige plek aankom, sorg heel eerste dat jou slaapplek reg is.” Die manne het sommer gou ‘n vuur gepak en die hout was lekker droog. Gewoonlik as mens mos hout koop op sulke klein plekkies is dit nat.

Een van die dinge wat ek kan onthou van Strandfontein is die mooi strand. Ongelukkig was dit reeds donker toe ons klaar tent opgeslaan het maar die kamera is toe op ‘n vaste basis gesit en die volgende fotos geneem.

Met ons Tankwa trip het Panda vir ons kardoesies gemaak. Hommel het so lekker geëet dat ons besluit het hy maak op die volgende bike-trip die kardoesies. Net om hom bietjie te laat oefen sodat hy dit sommer maklik regkry. Perdeby, Bernice en Rene het foelie, aartappels, uie en botter ingepak en sommer gou-kyk toe het ons 3 fris kardoesies op die vuur. Van die manne ken dit nie en dit was nogal vir hulle ‘n eye-opener oor hoe maklik mens lekker kan eet met min. Martin het met sy plaasvingers sommer die kardoesies so met die hand omgedraai. Later die aand het einste Martin sy steak oor die wasbak gaan eet om nie te mors nie(steak was meer rare as medium). Ons het sommer lekker vleisies getan en die manne en dames het diep lekker geëet. Aansienlik later die nag het almal gaan inkruip aangesien ons wees ‘n besige dag gaan hê.

So met verloop van tyd tot op Strandfontein het Klossie gesien sy Dakar se agterste sprocket se tande lyk effens aan die yl kant. Die ekstra gewig van ‘n pillion en al hulle bagasie het gemaak dat die ketting die tande gekou het. Saterdag-more met die opstaanslag is daar eers inspeksie gehou en beraadslaag oor hoe ons die saak kan beredder. Die vorige aand al is al wat ‘n kontak is gebel en gewhatssapp net om nommers te kry vir ‘n moontlike sprocket.

Soos met reën in die Namakwaland is sprockets toe ook so skaars soos hoendertande! Ongelukkig as gevolg van werksverpligtinge moes ons groep hier deel en van die manne moes terugdraai en ‘n span van ons het nog aangegaan. Met Klossie se Dakar se sprocket wat ‘n Kaapse flavour ontwikkel het sonder tande het hulle besluit om terug te draai huis toe. Manie en Bernice het raad gevra oor roetes en besluit om oor Wuppertal te ry na Cederberg Oasis.

Met die opstaan die oggend het ons maar so drupsgewys begin stort en oppak. Met die stortery ontdek ons die een ablusieblok se gas is uit en daar is geen warm water nie. Kanarie klim toe op die foon en bel die noodnommer.

Die frikkie aan die anderkant het toe nogal die vermetelheid om vir hom te sê ons moes self gekyk het die vorige aand of daar gas is. Dis toe net daar wat die gasbottel(Kanarie) vlamvat en toe is die gala aan. Soveel so dat die ou vir Kanarie sê hy is besig en gaan nie nou die gasbottel kom ruil nie. Die frikkie sit toe die foon sommer in Kanarie se oor neer en hy bel toe maar die volgende nommer op die lys. Die arme man was op verlof maar het gou-gou plan gemaak en nie lank daarna nie is die gaskan vervang. Dit nadat almal omtrent klaar was en ons so te se opgepak was.

Bo by die saal aangekom moes ons die sleutels teruggee en die laaste staanplek betaal. Ek en Kanarie is toe daar in en het vir die vrou by ontvangs vertel van die gesprekkie vroeer die oggend. Sy is dit toe eens dan dit onaanvaarbaar is en het gevra dat ons vir haar ‘n mail stuur en ook gesê ons hoef nie die laaste staanplek te betaal nie.

Die span het vandaar die krane oopgedraai om in Vredendal te kom aangesien die manne honger en dors was. Ek het êrens langs die pad onthou ek het nie my Camelback se onderste gespe vasgemaak nie en het gou gestop. Hommel en Perdeby het omgedraai om te kom kyk wat die oponthoud was. Skaars 200m verder sien ek daar gaan sy flikkerlig aan. Ek stop toe sommer langs hom in die pad aangesien mens daar die karre van volgende week al kan sien aankom. Hommel haal toe so wragtie ‘n kamera uit wat hy op sy helmet kan vassit!!!!

VER OOR DIE 300KM GERY MET DIE KAMERA IN SY TANKBAG!!!!! Asof dit nie genoeg was nie, het hy sy selfoon ook by die huis vergeet! Perdeby se kommentaar was dat as iets anders nie aan hom vas was nie was dit seker ook by die huis.

Ek het nogal hierdie punt gemerk met die GPS logger juis vir die blog. Meer oor die logger later.

By die afdraai na Lutzville het ons gestop. Ek het die manne gevra of hulle al ooit in Lutzville was en niemand was al daar nie toe sê ek maar dan ry ons soontoe. Met die inkom in die dorp het die kerk opgeduik en Kanarie het gesê ons moet daar inswik dat ons die dag op die regte manier begin. Hommel is intussen as die Ridders se Pastoor aangestel. Die groep het in ‘n kring gaan staan en Hommel het vir ons gebid vir bewaring op die pad. Van hier is ons Vredendal toe.

Net voor Vredendal het ons gou gestop om planne te beraam vir Klossie se sprocket. Ek het voorgestel dat ek by ‘n vriend op die dorp gaan stop en luister. Christo bestuur die sportwinkel op die dorp en hy het daar ‘n nommer gegee wat ons kan bel. Vandaar is almal Spur toe. Met die aankoms by die Spur het Manie al buite gesit met ‘n yskoue Draught.  Die bestuurder het toe sommer vir my en Ninja ook draughts gebring. Nou kyk ek is nie ‘n bier mens nie. Maar MAGTIE was hy nou lekker. Die manne het bestel en geëet. Hommel en Klossie het intussen nog rondgebel om ‘n sprocket in die hande te kry maar helaas. Enigste een is in die Kaap. Hulle het toe maar besluit om terug te draai. Manie en Bernice het vandaar die pad gevat Cederberg Oasis toe en ons sou Vanrhynsdorp en dan die N7 vat tot by die treinspoorpad.

Panda het by sy eie tafel gesit en ons het vir die bestuurder van die Spur gesê dit is vandag sy verjaarsdag. Hulle het hom toe ‘n komplimentere Drom Petrol(Dom Pedro) gegee en lekker vir hom gesing. Daar is erens ‘n video van dit wat ek nog sal invoeg.

Na die lekker eet het ons gegroet en gou Checkers toe gery aangesien ons verversings en kos nodig gehad het vir die aand. Vandat die Checkers oopgemaak het was ek nog nooit daar nie en groot was die verbasing toe ek instap en sien JP is die takbestuurder! Ons het ons goedjies gekoop en dit is die enigste keer wat ek BAIE geld betaal het vir Natural Lamb by Checkers. Rede vir dit: Ek kan net nie in die hartjie van die Namakwaland sit en nie ‘n ordentlike skaaptjop eet nie. Ek het 2 steakies ook gekry en ons het nog foelie en uie oorgehad van die vorige aand. Die wat al ooit met ‘n motorfiets getoer het sal weet dat spasie ‘n baie groot probleem kan raak. 2liter Coke is soos ‘n krat Coke in ‘n motor. Ons het toe die makliker uitweg gevat en 500ml Cokes gekoop. Pas baie makliker in klein gaatjies in. Met als ingedruk in elke denkbare gaatjie het ons pad gevat in die rigting van Vanrhynsdorp. Hier het ons by die Caltex gestop, alle kanne en tenke volgemaak en op die N7 geklim rigting, Noord.

So entjie buite Vanrhynsdorp het ons gestop en eers ‘n rook-breuk gevat en ietsie koel deur die kele gejaag. Ongeveer 20km buite die dorp het die treinbrug opgeduik en ons het net voor hom regs gedraai. Van hier het die grondpad ons al dieper in die mooie Namakwaland ingevat. Van ons hele trip tot dusver, was hierdie die eerste stukkie pad wat ek nog nie gery het nie.

Hierdie pad is ‘n dienspad vir die Sishen-Saldanha spoorlyn en word baie goed in stand gehou. Hy het soos teerpad gevoel en ons het by tye sommer hier by 120km/h gaan draai. Panda het by die stop op die N7 al gese  moeder Natuur roep hom. Ongelukkig omdat dit so droog is, was daar nie ‘n bos groot genoeg waaragter hy kan wegraak nie.

Die kant toe?

Daai kant toe?

Da pak haai ding!!!

Ons het toe gestop en hy het seker 300m gestap om agter ‘n treinbrug antwoord te gee aan Moeder Natuur se roep. Met Panda ‘n kilo of 6 ligter en almal weer vars na ‘n lekker bietjie water het ons verder gery. Martin het op een van die oorgange gestop en ons het eers ‘n paar mooi fotos geneem. Ons volgende stop was ook ‘n treinbrug. Die wêreld het al hoe meer bekend begin lyk en ek kon al bakens begin uitken soos Kubisko en Ezelskopvlakte.

u

Ek het van St.3 af elke jaar my 3 weke wintervakansie in hierdie geweste spandeer. Geboer, skaap bymekaar gemaak, windpompe reggemaak en gejag. Ek weet dat ongeveer 15:00 kom die trein van Sishen af daar verby. Manne was maar effens gatvol gery en het begin vra wanneer ons daar is. Ek het hulle gese as ons die trein kry is dit nog so 30min se ry. Ek is toe redelik uitgehaal oor dit want hoe weet ek dit dan nou. Seker nie 15min se ry verder nie het ons die trein gekry. Nou vir die wat nie weet nie, hy is lank. MOER LANK!!!!

Ons het die laaste stukkie pad na die plaas Brakkie vining afgelê en toe ek die werf binnery het dit soos huis gevoel. Toe ek my helmet afhaal het oom Klaas in die skuifdeur verskyn. Soos met hierdie wêreld se mense is ons dadelik ingenooi. Ek het redelik lank terug met oom Klaas gepraat en hy moes bieg en het gesê hy het so half vergeet van ons. Toe die klomp bikers die werf binnery het hy gewonder of dit nou ‘n span is wat van die dorp af hiernatoe verwys is? Nadat hy die CW nommerplaat gesien het, het hy geweet dis ek met die span en toe begin sy brein oortyd werk aangesien hy gedink het dat hy moet cater vir ons. Ek het hom gerusgestel en gesê ons het als saamgebring. Nou kyk, die mense wat die wereld ken, ‘n beker koffie was nog nooit so lekker nie. Brakwater maak die lekkerste koffie, en dan met langlewe melk. Tannie Marthesia het vir ons lekker beskuit ook uitgehaal. Van die manne het net Coke gedrink en hulle monde het later gewater. Oom Klaas het vir ons ‘n ysmasjien ingelaai. Vroeer toe ons op Vanrhynsdorp petrol ingooi was Kanarie vreeslik opgewerk omdat ek nie vir hom kon se of daar ys is nie. Wel Kanarie, jy is sopas aangestel as die Minister van Verkoeling en Ys. Oom Klaas het voorgestel dat die vrouens eers ‘n lekker stort vat en die manne solank opgaan kampplek toe om als te gaan regkry. So gese so gemaak. Intussen het oom Mick Hoon ook daar aangekom. Die wat hom ken sal weet hy is ‘n storie-verteller sonder weerga. Ek is eintlik spyt dat ek nooit ‘n video-kamera kon staanmaak en sy stories opneem nie. In al die jare wat ek in hierdie geweste kom het ek nog nooit dieselfde storie 2 keer gehoor nie. Wat kry jy as jy ‘n klomp manne loslaat?? CHAOS!!! Die paadjie op na Brakkie se Veldkombuis is in ‘n baie goeie toestand maar het stukke wat elke biker se nekhare laat regop staan. SAND. Wel met 5 mans op dubbeldoel fietse, vrouens afgelaai, lekker vloeiende 2-spoor plaaspaaie met ‘n jump of 2? LEKKER!!! TE lekker. Ekself was die eerste “casualty” Met oom Klaas kort op my hake het ek die regteroor gedraai. Lekker gery tot ek my misgis het met my spoed deur een draai. Die ekstra gewig het dit nie maklik gemaak nie maar die eerste draai is ek deur. En toe sien ek dis eintlik ‘n omgekeerde S-draai. Wel die 2de draai het ek nie gemaak nie. Instinktief het ek dadelik opgestaan oopgemaak en my roete gekies waar daar die minste skade sal wees. Ek het my regtervoet terselfdertyd geleidelik op die agterrem gesit en so 2 hobbels verder saggies teen ‘n wal gaan stop en die fiets net sag neergesit op sy linker sy. Met die panniers op het Saagie gelukkig nie ver oorgeleun nie en kon ek hom maklik weer regop kry. Ek was ‘n goeie 10-15m in die veld in en het maar opgeklim, 1ste gehak en gepaddle tot ek weer in die pad was. Van daar het ek gestaan en die krane oopgedraai. Dust yourself off and ride again!!! Seker net so kilo of 2 op in die pad kom ek aangery en sien Martin se Rooi hammer staan skuins in die pad en Kanarie is ook daar by. Ek is toe met ‘n redelike spoed agter hulle verby. Later by die kampplek sal dit toe uitkom dat Martin vir hom ook ‘n stukkie aarde gekoop het daar in die Namakwaland. Gewig op die gat, banddruk wat bietjie hard was en ‘n sanderige middelman het die oorhand gekry van hom. Die man se skouer het bietjie houe gevat en so ook sy enkel. Later die aand sou die gespot begin; Doekvoet. Na aanleiding van Ninja se se-ding op die Tankwa-trip: “As ek vandag geval het, het ek my binne-in ‘n Boesman-tekening geval.” Is Martin toe Boesman gedoop. Vir die wat nie weet nie is daar nog Boesman-tekeninge op Brakkie te sien. By Brakkie se Veldkombuis aangekom het oom Klaas die engine opgestart, stopkrane oopgedraai en gesorg dat ons genoeg hout het vir die nag.

Da pak haai ding!!!

Met die aankoms by die Veldkombuis het ek agtergekom dat ‘n vol bottle Kaptein gesneuwel het oppad. Gelukkig was daar nog genoeg ander bottels om ons deur die aand te dra. Ek het saam met oom Klaas teruggery Brakkie toe en die vrouens gaan haal. Hulle was stomgeslaan oor hoe mooi dit is. As ek nou Ninja se woorde reg aanhaal: “Ek wag al die hele trip vir hierdie plek. Die ander mis uit!!” Ons het vuur opgesteek en in die lapa lekker op die kliptafel sit en kuier. Kardoesies is gemaak. Ou Kanarie was sommer heel in sy element. Skaaptjoppies op gannabos gebraai. Magtie man, KONINGSKOS!!!!

Ryk en lekker!!

Voor ons ingekruip het die aand, het ons vir Boesman paar pynpille gegee en die volgende oggend moes ons hoor hy het soos ‘n klip geslaap.

Ons het rustig opgepak en Boesman se Rooi Hammer se wiele bietjie afgeblaas. Vandaar is ons terug na Brakkie waar oom Klaas en tannie Marthesia gewag het met ‘n lekker koppie boeretroos. Net om dinge nog lekkerder te maak is daar vars plaasbrood, vet, boerbeskuit en silt uitgehaal. Die manne het omtrent ingelê.

Oom Klaas en nog ‘n vennoot of 2 het vroëer die jaar die motorhawe op Loeriesfontein gekoop. Hy het vooruit gebel en Koos het bevestig hy is daar en wag vir ons. Ons het maar besluit om die veilige roete te volg en vol te maak op Loeriesfontein aangesien ons nie seker was dat die petrolpompe op Niewoudtville oop sou wees nie. Boesman se spaartenk agter op sy fiets het besluit hy kort bietjie petrol en toe hy die kan oopmaak spoeg hy hom vol petrol. Ons het besluit om gou ‘n draai deur die dorp te ry en ek wou die manne die Windpomp Museum gaan wys.

Groot was die verbasing toe voor die Windpomp Museum stop en die deur is oop!! Ons is sommer dadelik in en die tannie was baie vriendelik en het ons so bietjie teruggevat na die vammeleë dae.

Ek het as kind sulke dol-osse gehad.

Toe ek in die skuur instap met die ossewa het ek hoendervleis gekry. Ons voorvaders het regtig met min oor die weg gekom en hulle was slim en vindingryke mense.

Ons het die dorp vaarwel geroep en toe ons die Kliprand afdraai verbygaan het die emosie oor my gespoel. Dis ‘n wereld wat onder jou vel inkruip en hom hier diep in jou binneste kom vasmessel. Almal is dit eens. Ons gaan teruggaan.

By die waterval buite Niewoudtville het ons gestop vir ‘n rook-breuk en toe die laaste stukkie pad aangedurf tot in Niewoudtville. Boesman was al erg honger en toe hy Lekkerbek se Pastei bord sien het hy dadelik daar ingeswik. Ons het almal weggelê aan die lekkerste pasteie. Gedurende die begin van die trip het ons agtergekom daar is ‘n soeter tand in die groep as Chantelle. Boesman!! Dis die eerste keer in my lewe dat ek ‘n man ‘n groot slab sien eet asof dit ‘n gewone sjokolade is. Kanarie het probeer om Boeremeisie se hare te ontkoek nadat haar hare uit die buff gekom het en die wind bietjie met hulle gespeel het.

Ongelukkig moes ons hier vir Ninja en Maanskyn groet aangesien hulle nog moes terug Kaap toe.

Ons het verder deur die dorp gery en reguit anderkant uit – rigting Clanwilliam  Om het ‘n entjie verder gekom op ‘n kruispad, regs gaan ons Papkuilsfontein toe ry – ‘n pad waaroor Deon Meyer in sy boek Ridders van die Grondpad geskryf  het. Links is dit Botterkloof pas. Ek het die manne gevra watter kant toe en Panda het gese ons gooi links.

Ek gaan defnitief nog terug om die Papkuilsfontein pad aan te durf.

Ons het Botterkloof pas stadig gesak. So entjie onderkant die pas het Panda en ‘n bakkie mekaar genader. Net toe hulle redelik naby aan mekaar is, besluit daar ‘n steenbok om hasepad te kies. Reg tussen hulle deur!! Gelukkig het die bokkie spoed in sy lyf gehad en het niemand hom/haar getref nie.   Ons het oor ‘n laagwater brug gery en toe word daar vir my beduie ons moet stop vir fotos. Ons maak ook toe so en dit was sommer lekker om so rustig langs die water te sit. By hierdie stop het ons ook 2 keer die roep van ‘n visarend gehoor. Panda het vergeet om sy fiets se ignition af te sit en toe moes ek eers bietjie motorfiets stoot. Gelukkig het hy nie te lank gevat voordat hy gestart het nie.

Van hier het die manne die krane oopgedraai en ons het by ‘n baie mooi laagwater brug gestop en eers ‘n foto of 5 geneem. Bushmans Kloof het aan die linkerkant gelê en ek moet se ek is nogal nuuskierig oor hoe dit daar lyk. In die holte voor Pakhuispas het ons ook gestop en eers ‘n paar fotos geneem. Die berge rondom mens is nog indrukwekkend, die pas nog meer so. Die rotsformasies is iets wat mens self moet ondervind.

 

Pas uit het Panda en Boesman die pap aangemaak en ek het self maar Saagie se oor gedraai. Kanarie het ‘n rustiger aanslag op die berg gehad met Geel Kameel. Aan die anderkant van die pas het ek vir Kanarie gewag en vandaar het ons saam gery tot in Clanwilliam waar ons almal volgemaak het.  Van hier was die roete dam langs tot by Cederberg/Algeria kruis, dan oor Niewoudtspas na Jamaka en dan deur die Cederberge na Cederberg Oasis. Soos mens langs die dam af ry vurk die pad op ‘n kol. Hier kan jy besluit om teen die dam en rivier langs te gaan regs, of ‘n korter pad binnelands wat jou verby Jamaka vat. Ons het die korter roete gevat en Niewoudtspas uitgesny. Hierdie blyk later ‘n wyse besluit te wees. Ons almal het al effens lam begin raak aangesien dit ‘n redelike lang dag in die saal was tot dusver.  Anderkant Jamaka en Cederberg se kantoor het die pad begin versleg. Ons is deur ‘n pas wat regtig asemrowend is. Dele van die pas is met plaveisel uitgele en ek glo dat mens in die winter so ver as moontlik probeer wegbly uit die pas uit.

Anderkant die pas het die pad aansienlik versleg. Ons het al hoe meer versigtig begin ry aangesien daar redelike groot klippe op die pad was en hy ERG los was. Met sulke swaar gelaaide fietse het ons dit maar rustig gevat.  Op hierdie stuk pad moes Saagie erens bietjie op ‘n diëet gegaan het en het sy nommerplaat afgegooi. My GPS logger het ook sy alie gesien waaroor ek baie spyt was aangesien ek nie die res van die roete kon log nie. Ek moet se teen hierdie tyd was ons almal se gatte redelik lam en ek het al ‘n enkel Kaptein en Coke geproe!!  Ek sal graag wil weet wie van die groep was die blyste oor die bord wat se: Cederberg Oasis 2.5km??? Ons het die laaste stukkie na die Oasis gesak en met die afklim slag kom ‘n man aangestap en stel hom voor as Gerrit. Hy het so vining ons name gevra en toe sommer gesê ons moet saamstap sodat hy vir ons kan verduidelik hoe dinge werk. Ons kamers is vir ons aangewys en ons het vandaar direk deurgestap na die kroeg-area.  Hier is ons vinnig verduidelik dat dit ‘n honesty bar is. Ons het ‘n file gekry waarin ons, ons drank etc moes neerskryf. EK WAS STOMGESLAAN!!! Wanneer laas het ek so iets teëgekom? Ek glo met die wonderlike mense wat Gerrit en Chantel is, en die tipe mense wat hulle trek het hulle nog nooit ‘n problem opgetel met hulle sisteem nie.  Gerrit het gese ete sal effens vroeer wees aangesien dit ‘n Sondag was. Ons het lekker gaan ontspan en het daardie Kaptein en Coke nie lekker gesmaak nie!!! Ons bestellings is geneem en Chantel het begin gaarmaak. Ons 5-manskap het ribs bestel. Nou kyk, as jy nog nie ribs by Cederberg Oasis geeet het nie, het jy nog nerens ribs geëet nie. Ek is glad nie ‘n groot voorstander van ribs eet nie. Morsige besigheid, maar tussen ons 5 het ons die term blinkbek nuwe betekenis gegee. Jy weet ‘n rib is lekker as jy die been oplig uit die vleis en sommer met min tot geen moeite uit die vleis trek. Die rib was so groot hy het die hele bord volgelê. Die skyfies bring hulle in ‘n kleinbordjie!!

Panda het die vorige dag die moerbeie raakgesien. Nou ek het as kind laas moerbeie geëet. Wat beteken ek het die volgende oggend bietjie gaan weglê aand ie boom se moerbeie. Te lekker. Ek het vroeg rondgeloop en fotos geneem aangesien mens die mooiste fotos neem as die dag breek. Die res van die span het later ontwaak. Chantel het toe vir ons ‘n bitter lekker ontbyt gemaak. Ons het stadig opgepak en gou ons rekening gaan vereffen. Nou vir my en Chantelle(Boeremeisie) se verblyf en ontbyt, 2 x rib en chips, ‘n single Kaptein en Coke, Single Spice Gold en Coke, Hunters Dry vir R775!!!! WHAT A BARGAIN!

Ons het totsiens gesê en ek en die manne gaan defnitief terug soontoe. Met die wegry het Boeremeisie gesê: “Wanneer julle weer die kant toe kom, ry ek saam.”  Die pad na/van Cederberg Oasis is asemrowend. Ek het erens op ‘n kol gestop en vir Boeremeisie gesê-vra: “As ek vir jou gesê dit lyk so? Sou jy my geglo het??” Haar antwoord was nee. Hulle sê: A picture is worth a thousand words. Matewis sê: “Experiencing it yourself, it worth a thousand pictures.”  Ek moet sê dat as iemand hierdie pad van Cederberg Oasis  af, in die rigting van Op-die-berg die eerste keer ry, hulle dit baie stadig moet vat. Daar is 2 draaitjies wat my amper uitgevang het. Ek het op die rand van die pad gaan draai op die een draai en Kanarie is ook uitgevang met dieselfde draai.  Net voor Mount Ceder het ek gestop en ‘n hele rukkie gewag sodat almal in die groep weer opvang. Toe die gewag te lank raak na my sin wou ek net omdraai toe die manne om die draai kom. Oor die laagwater brug anderkant Mount Ceder het ons gestop.

Die slotsom: Panda het geval!!!   Die een draai het hom ook uitgevang en sy voorwiel het padgegee. Gelukkig het dit op baie lae spoed gebeur en die ego was meer broos as sy lyf en fiets. Ons het gou die skade bekyk en tools uitgehaal en die flikkerlig reggebuig. Panda het ons verseker hy is ok en van daar het ons baie rustig gery tot by die Kagga Kamma kruispad. Hier het ons gestop en eers weer rustig na Panda se fiets gekyk.

Het vinnig ‘n verstelling aan die crashbars gemaak en ‘n foto of 2 geneem.

Van hier het die manne laat waai. Teerpad en ons het lekker in gelid gery in die rigting van Ceres. Bo-op Gydo pas het ons eers gestop vir ‘n paar fotos.


Ons volgende stop was Ceres. Hier het ons volgemaak en vandaar gery tot by Slanghoek se afdraai. Panda se roete het deur Worcester geloop en ek, Boeremeisie, Boesman en Kanarie sou Du Toitskloof oor huis toe. Ons het gegroet en Kanarie het voorgevat en sommer laat waai.

Bo-op Du Toitskloof het ons vir oulaas gestop en paar fotos geneem. Gegroet en toe het elke man sy eie rigting ingeslaan. So 10km voor die huis het dit begin reën en om als te kroon was daar ‘n ongeluk op die N1 by Brighton Road. Maar wie worry, ons ry ‘n DS(Dual Sport). Ek het sommer kortpad deur die middelman gekies en ons het deur Kraaifontein huis toe gery.   Arme Boesman het bietjie meer as ‘n week na sy val eers vir x-strale gegaan en ons wag nog op die uitslae. Hoop nie dis te ernstig nie.

Bietjie tegniese detail:

Afstand afgelê: 1106km

Randwaarde van Petrol ingegooi: R719.31

Liters ingegooi: 53.36liter

Gemiddelde Petrolverbruik: 20.72km/l

Iets wat my weer opgeval het is die gasvryheid van die mense by wie ons oorgebly het, asook die gesindheid waarmee hierdie groep mense dinge aanpak. Was soos altyd ‘n voorreg om saam met hulle die mooi van ons land te kon deel.   Grootste dank kom die Vader toe wat almal weer veilig tuis gebring het sonder enige groot beserings.   Beplanning begin nou aan die volgende groot trip. BAVIAANS!!!

Papekuil SD Tankwa Trip

Tags

, , , , , , ,

Met die winter wat sterk in aantog was, een of 2 manne wat se vrouens naby aan kraam is, en een man wie se vrou onlangs gekraam het, was dit tyd vir ‘n bike-trip.

Ross het sommer ‘n datum in die lug gegooi en gesê dis die naweek wat hy Tankwa toe ry. Die wat wil saam moet laat weet. Gou-gou het die groepie gegroei na 11 fietse, 1 brawe pillion en 2 manne wat met ‘n bakkie sou deurry.

Een ding van motorfietse, is die feit dat dit mense wat dieselfde passie deel bymekaarbring. Maak nie saak wat jou agtergrond is, waar jy vandaan kom, hoe jou bankrekening lyk en of jy ‘n 650 of ‘n 1200 ry nie. Jy is soos familie. Die spreekwoord sê mos: Vriende is familie wat ons self kies.

Die naweek het ek dit weereens beleef. Mense van uiteenlopende agtergronde bymekaargebring deur motorfietse. Een ding wat nogal snaaks was op hierdie trip was die feit dat 10 van die 11 fietse BMW’s was, en die ander een ‘n Honda. Dit was omtrent ‘n gespottery maar die Honda het hom soos gewoonlik goed van sy taak gekwyt.

Met die aanloop na die naweek het ons die weer met arends-oë dopgehou want alhoewel ek glad nie bang is om in die reën te ry nie, en natreën my nog nooit gepla het nie(Hier binne klop ‘n boere-hart soos Ray Dylan sing). Maak dit my onrustig om met so groot groep ryers nat paaie aan te durf. Juis oor veiligheid en aangesien ek baie van die manne die eerste keer op die trip ontmoet het, het dit my verder onrustig gemaak omdat ek nie almal se abilities ken nie. Wat meer is: Ek het ‘n pel van my saamgenooi en dit was sy 3de keer op ‘n motorfiets.

Die beplanning vir die naweek het sommer vlot verloop. Ons het ‘n paar manne gehad wat die vorige naweek so lus was vir ry dat hule gou ‘n roete gaan recce het net sodat ons nie verdwaal nie.  Soos die gebruik het ons ‘n Whatsapp groep gestig. Nou as ek al die boodskappe wat heen en weer gevlieg het die week voor die trip hier moet post, gaan WordPress my wragtie verban en gaan ek vir bandwidth moet betaal. Julle dink vrouens praat baie? Die woord Kwettervoëls kom onwillekeurig by my op. En hierby sluit ek myself in (If you cannot beat them, join them)

Die Vrydag het aangebreek. Die gepraat het fotos geraak. Die fotos klankbane van fietse wat dreun. Ek het seker net voor 00:00 die lig afgesit. Wetend dat slaap my nie baie lank beskore gaan wees nie. Dit was toe ook so. Net na 4 lê die Kat toe al wakker. Vrou was nie baie gelukkig nie maar wat kan jy nou maak. Maar opgestaan. Bietjie gefacebook en toe gaan stort. Ek moes my pillion 6:00 kry. Hy het sommer sy kar by my werk gelos vir die res van die naweek. Met die vooruitsig van reën het ek in die week gou Kaap Agri toe gery vir ‘n reënjas. R210 later het ek ‘n Mannemarak-pak gehad en kon die reën maar kom.

11351283_10155590658680702_8920913651988124009_n

Ons afspraak was om Martin en Dan, ‘n  nuwe toevoeging tot die groep by Safari & Outdoor op die Bottelary kruis te kry. Ek het sommer met die wegtrek my reënpak se broek aangetrek en ek en Heinrich het die stuk ingesit Bottelary toe. Daar aangekom het daar reeds ‘n motorfiets gestaan en dit kon net Dan wees. Ons het mekaar sommer daar ontmoet, volgemaak en toe besluit dis tyd vir koffie. Boesman was nog nie in aantog nie en ons het gou ‘n koffietjie deurgewerk.

Nou gewoonlik as iemand êrens iets aan sy fiets verander, word die ander manne op hoogte gehou. ‘n Foto hier en daar, ‘n klankgreep of sound clip word gestuur. Ons het geweet Boesman het vir die Rooi Hammer of soos hy deesdae bekend staan,  Fireblade ‘n nuwe uitlaatpyp opgesit. En ons almal was nuuskierig om hom te hoor.

Ons is ook toe binnekort beloon met die nuwe dreuning van die Fireblade6bf21f947b93bc4bd67a8d2a0e2dc4d3

Dis nogal iets wat ek opgelet het die laaste jaar of wat. Elke ou het sy eie unieke rystyl. Buiten dat omtrent elke fiets anders klink, ry elke ou sy fiets op sy manier. So as 2 fietse oppad is en hulle het dieselfde exhaust-pype op gaan jy elkeen kan uitken aan sy ry-styl. Waar daar ratte gewissel word. Of  daar ratte gewissel word. Die blip van die throttle as daar na ‘n laer rat teruggeskakel word etc.

Maar terug by die reis. Dan het sy reënjas met Boesman se Leatherman bietjie bewerk sodat dit oor sy bootse pas. Ek en Heinrich het ons reënjasse ook aangetrek aangesien dit weer begin reën het. Ons het almal die koppe geknik en pad gevat na Kanarie toe.

Oppad na hom toe het die reën effe skietgegee. By hom aangekom was dit eers tyd vir ‘n lekker beker koffie voor ons die kronkelende swart slang vat Ceres toe. Ek het Kanarie gou gehelp om die Geelkameel uit die motorhuis te kry en daar byt die sleepwaentjie my toe aan die enkel! Nuwe mannemarak-pak kry toe ‘n lekker winkelhaak. Maar vir R209 gaan ons nou nie huil nie. Gou rolletjie swart insulation tape uitgehaal en hom vasgedraai en toe is ek weer reg vir water vat.

11351329_10155590658535702_8050205415969667659_n

11350446_10155590658645702_3694185664574213497_n

11215707_10155590658750702_1937815651157417106_n

Ons het ons koffie gesluk en van die manne het gou by die naaste Shell volgemaak en vandaar is ons Du Toitskloof oor. Ons het vooraf bespreek of ons Slanghoek gaan ry of Goudini oor. Die voorste man het besluit Slanghoek deur en dit was toe nie ‘n slegte keuse nie. Ons het redelik wind hier gekry. En en Kleintjie het die agterhoede gedek en die wind het die manne voor ons redelik oor die pad heen en weer gewaai. Oor die Breërivier het ek gesien die brug vat kwaai water en sal binnekort seker toegemaak word indien dit sou aanhou reën.

Op Ceres aangekom het ons eers tot by die Spur gery om ‘n lekker ontbyt deur te werk. Ons het geweet die gaan ‘n lang dag wees en ons gaan tien teen een nie middag-ete kan inpas nie. Na die etery het ons teruggery in Engen se rigting en dit was nie moeilik om te sien waar die klomp bikers staan nie. Hulle het die helfte van die Engen beset.

20150530_102604 20150530_102615 IMG-20150531-WA0017 IMG-20150531-WA0019 IMG-20150531-WA0020 IMG-20150531-WA0023 IMG-20150531-WA0040

Ons het volgemaak en toe sommer orige kanne ook volgemaak aangesien ons nie gou weer ‘n petrolpomp gaan sien nie. Die bakkie wat die kos ens saamry was ook daar. Almal het laaste aankope by die Spar gedoen. Die bakkie is gelaai met kos, drank en petrol. Ek het besluit om my panniers ook af te haal en in die bakkie te laai. Net baie makliker om met ‘n ligter fiets en pillion sand en modder paaie te ry. En van laasgenoemde het ons genoeg gekry.

Ons roete-recce’s wat die vorige naweek die roete gaan ry het, het sommer voor gevat en ons is Gydo-pas uit. Bo het ons net voor Eldorado regs gedraai en toe die Winkelhaak pad gevat. Hier is baie mooi foto geleenthede en op ‘n stadium het Sarel gestop om bietjie water af te slaan. Hier het ons baie mooi fotos geneem

20150530_111114 20150530_111117 20150530_111119 20150530_111126 20150530_111140 IMG-20150531-WA0002 IMG-20150531-WA0003

Ons het so stukkie langs ‘n dam af gery en hier het ‘n paar mooi bokkies oor die pad gehardloop.

DCIM100GOPRO

DCIM100GOPRO

Terwyl ons die bokkies gekyk het, het Dan so bietjie gly-gly deur die modder gegaan. Net soos met 4×4, of motorsport maak bande ‘n reuse-verskil aan die hantering van enige fiets. Ek het knobbly bande voor op wat maak dat op grond, modder ens die bande baie beter greep het as ‘n gladder band. In die video kan julle ook sien dat ek versnel juis om krag op die wiele te sit en die fiets makliker deur die modder te laat loop.

Net na dit het die manne eers weer gestop om darem net almal bymekaar te kry. Ons het so bietjie nonsens gesels en in die pad geval aangesien die manne in die bakkie alreeds gewag het. Hulle het teerpad langs, verby Op die Berg gery en toe regs afgedraai in die rigting van Kagga Kamma.

20150530_120202 20150530_120209 20150530_120223 IMG-20150531-WA0024 IMG-20150531-WA0026

Waar ons die teerpad vir die grondpad na Kagga Kamma en Katbakkies pas verruil het ons weer gestop en sommer lekker rustig die kele natgemaak. Daar was ‘n opgewondenheid onder die manne. Dis waarna ons almal al weke lank uitsien. Om die grondpad onder jou ysterperd se wiele te sien deurdraf. Dan moes êrens ‘n kratskroef in sy agterband opgetel het. Die manne het dit gou uitgesorteer. Kanarie het voor gevat en ek nie lank na hom nie die stuk ingesit Katbakkies toe. Die ander manne het nog bietjie gedraai en dit was nogal lekker om daai stukkie pad in stilte te ry en net die nat natuur in te drink.

10419460_10155590661430702_1932402731295937327_n 10460246_10155590660895702_2672451900952710516_n 10511212_10155590661375702_1201305892817864264_n 20150530_121127 20150530_121614_HDR IMG-20150531-WA0028 IMG-20150531-WA0030 IMG-20150531-WA0033 IMG-20150531-WA0035 IMG-20150531-WA0064 IMG-20150531-WA0065 IMG-20150531-WA0066 IMG-20150531-WA0080 IMG-20150531-WA0081 IMG-20150531-WA0084

Ek was aanvanklik skrikkerig om iemand saam op die fiets te vat veral as die weer lyk soos dit die spesifieke naweek gelyk het. Ek was baie bly ek en my pillion het deurgedruk. Die satisfaksie om iemand aan so iets bloot te stel en hierdie vryheid te laat ervaar is meer werd as ‘n miljoen rand in die bank.

Ek en Kanarie het teen Katbakkies gestop en jy kan oor die wye vlak die manne sien, en hoor aankom. Eerste om te arriveer was Arend. Het dit sommer gevier met ‘n wheelie!! Die manne het so stuk vir stuk aangekom en almal gestop sodat ons die vallei wat so voor ons ontvou kom inneem. Wat ‘n gesig is dit nie. Vang my elke keer as ek so staan en uitkyk oor die vlaktes.

20150530_123500 20150530_123507 20150530_123517 20150530_123543_Pano 20150530_124054

Ons volgende stop was Tankwa padstal. Maar voor dit gaan jy Skittery kloof oor. As jy stop aan die bokant van die kloof le die hele Tankwa voor jou oopgesprei. As jy nog nooit hier was nie. Is dit die afdraai van die R355 werd.

By die Tankwa Padstal is ons soos gewoonlik met ope arms verwelkom. Hierdie is sout van die aarde mense en het seker een van die mees gesogte werke in die land. Wat kan lekkerder wees as om ‘n besigheid te hê, in die Karoo. Jy ontmoet elke dag nuwe mense, hoor elkeen se storie en word betaal om dit te doen??

20150530_133059 20150530_133101 20150530_133112 20150530_133121 20150530_133218 20150530_134107 20150530_134111 IMG-20150531-WA0004 IMG-20150531-WA0085 IMG-20150531-WA0086 IMG-20150531-WA0087

Na ons so paar verversings gevat het by die Padstal het ons die laaste stukkie ingesit Papekuil toe. Robin het sommer die voortou geneem en vroeër as ons deurgery om solank die hekke ens te gaan oopsluit. Ek het die groep gelei Papekuil toe en dit was nogal lekker om heel voor te ry sonder enige stof. Ek het die pap sommer redelik dik aangemaak en toe ek weer langs my sien sak Sarel met sy mooi 1200 langs my in. Min dinge so lekker soos om op so mooi pad so 2 langs mekaar te ry nie. Sarel het later weer agter my ingeval tot by Papekuil se afdraai. Hier het ons bietjie vir die manne gewag tot daar darem ‘n paar was wat kan wys waar almal moet indraai.

Ek en Heinrich het die laaste stukkie in plaas toe gery en solank begin uitpak en begin om kamers te source etc. So eindig dit toe op dat ek en Kleintjie ‘n bed deel. Toe ek weer buite kom hoor ek hoe brul die fietse in die grootpad. Manne het toe gedink dit sal sports wees om bietjie resies te hou. Ons het almal uiteindelik op die plaas gekry en daar is afgepak. Ons het vooraf bespreek dat ons nog bietjie Stonehenge toe wil gaan juis omdat min van ons al daar was. Ons het besluit dat ons sal moet roer om voor sononder weer terug op die plaas te wees.

20150530_151547 IMG-20150531-WA0122IMG-20150531-WA0121IMG-20150531-WA0094IMG-20150531-WA0092IMG-20150531-WA0091IMG-20150531-WA003920150530_151549

20150530_151647 20150530_151649 20150530_151707 20150530_151717 20150530_152307 20150530_152538 20150530_152540 20150530_152545 20150530_152551

Die mense wat Stonehenge ken gaan altyd terug. Die jaarlikse Africa Burn asook Bike Burn word daar aangebied en dit bly ‘n lekker venue vir iemand wat wil wegbreek van die stad se gewoel en gejaag.

20150530_161207 20150530_161231 20150530_161251(1)

20150530_173158 20150530_173154 20150530_173136 20150530_165622 20150530_165618 20150530_165615IMG-20150531-WA0042 IMG-20150531-WA0043 IMG-20150531-WA0044 IMG-20150531-WA0045 IMG-20150531-WA0047 IMG-20150531-WA0051 IMG-20150531-WA0050 IMG-20150531-WA0048 IMG-20150531-WA0100 IMG-20150531-WA0133 IMG-20150531-WA0136 IMG-20150531-WA0038

Die son het al redelik laag gesit in sy roete na die Westerkim. Ons moes vining groet en het weer die stukkie terug gery. Die boonste hek was oopgesluit en ek, Kleinsmit en Kanarie het sommer kortpad gevat. Die kortpad het ‘n stukkie sand wat mens eers moes deur. Ek en Kleinsmit is hom sommer met spoed deur en toe word daar dadelik vuur gemaak. Die ander manne het so met donker daar aangekom en toe het ons in alle erns begin kuier. Ek het al gedink ek moet bietjie ‘n kamera êrens neersit en al die gesels opneem. Aan die anderkant is almal daar om te ontspan en dis hoe ek dit wil hou. Die manne wat nie steak saamgery het uit die Kaap nie het by oom Hempas op Prins Alfred Hamlet gestop by Geldenhuys slaghuis en vleis daar gekoop. Ek, vir een, kan nie Karoo toe ry as ek nie daar gestop het vir ordentlike steak nie. Die manne het die steaks begin uitpluk want ons was maar redelik dun om die middel. Marius het daar sulke dun pakkies goed uitgepluk en sommer dit gebraai vir net so om die vuur eet. Die pakkies is aan ons voorgestel as Doodvreet. Ja jy het reg gelees. DOODVREET. Hierdie Doodvreet is te koop by die Vleiswinkel in Brackenfell.

Nou as jy al enigsins iets soek om te braai voor die tyd vir die mense. THIS IS IT! Hierdie is BITTER lekker en maak jou bitter dors. Ek het ophou tel hoeveel pakkies daar gebraai is maar dit het nie lank gehou nie.

20150530_193441 20150530_193504 20150530_195649_HDR 20150530_195656 20150530_195703 20150530_205510 20150530_205517 20150530_224148 20150530_225551 IMG-20150531-WA0104 IMG-20150531-WA0105 IMG-20150531-WA0106 IMG-20150531-WA0108 IMG-20150531-WA0112 IMG-20150531-WA0113 IMG-20150531-WA0114

Die lang dag het ‘n paar van die manne gevang en daar was ‘n paar wat al vroeg in die kooi was. Die bitter-einders het hier teen 1:00 in die bed gekom. Soos die gebruik het Siela-hulle vir ons die lekkerste roosterkoek gemaak. Nou wat is dan nou beter as roosterkoek, kaas en konfyt? Dit saam met ‘n steakie en my beroemde mushroomsous?

Na ‘n goeie nagrus was ek soos gewoonlik saam met die hoenders wakker terwyl die ander manne nog bietjie ingelê het. Ek het solank vir ons ‘n Kloof-koffie aanmekaar geslaan en toe ek my 2de beker vat het die manne so drupsgewys begin ontwaak. Van die manne het ander verpligtinge gehad en moes vroeg weer in die pad val.

Die vorige aand se amper nagtelike terugrit van Stonehenge af het ook sy tol geeis. Ross het gevoel hy slaan ‘n klip maar het gelukkig die huis gehaal. Volgende oggend toe die manne begin oppak kom hy agter sy voorband is pap. Soos ons in DS-kringe sê, sy fiets se rim het ‘n smiley gehad. Nou as jy iets interessant wil sien, laat ‘n klomp mans ‘n band ruil. Op die einde van die dag het ou Gert daar aangekom en dit was 5min toe is daar ‘n tube in en die band is opgepomp en reg vir terugsit. Gert het op een van die buurplase gedurende die Africa Burn bande reggemaak so dit wat hy al vergeet het van bande moet ek, en klaarblyklik ‘n paar ander in die groep nog leer.

20150531_074329 20150531_074643 20150531_074653 20150531_080312 20150531_080316 20150531_080319 20150531_082026 20150531_082028 20150531_082507 20150531_082627 20150531_085725 20150531_085837 20150531_104704 20150531_104712 20150531_104738 20150531_111147 20150531_111153 20150531_111233 20150531_111303

Die manne het begin oppak en ons het ‘n paar laaste groepfotos geneem voor almal uitmekaar spat. Ek, Kleinsmit en Kanarie het besluit ons gaan die dag so lank as moontlik uitrek. Ons het rustig klaargemaak en reg en weggepak. Siela-hulle het met moppe deur die huis gedraf en ons het net so na die middag in die pad geval. Soos die gewoonte maar is, het ons by die Tankwa padstal gestop. Hier het ek ‘n oud kollega raakgeloop en eers bietjie opgevang. Daar was nog steeds ‘n koelerigheid in die lug en ons het ‘n lekker beker koffie weggeslaan. Met ons wandelinge deur die padstal kom ek en Kanarie op ‘n beker af. Toe ons die beker sien se ons so gelyk. SAKKIE!! Nou Sakkie is eintlik Izak van Zyl. En hy LOVE koffie. Ek het vir myself ‘n potjie Maketaan konfyt gekoop en appelkooslekkers vir Chantelle en Fiela.

11330043_10155590664610702_1964641011822285708_n 20150531_114442 20150531_120245 20150531_120257 20150531_120318 20150531_175834

Toevallig het ek ‘n link ontvang van iemand wat die 50 mees gewildste padstalle wys. Raai wie se fiets staan voor die Tankwa Padstal? Niemand anders as Matewis se Kettingsaag nie!!

padstal-1280x606-780x369

50 Favourite Farm Stalls

Die link bo vir die wat belangstel.

Die terugtog het sonder enige insidente verloop en die res van die manne het ook almal hulle bestemmings veilig bereik. Ek sien elke bike-trip as suksesvol as almal veilig terug by hulle huis was. Hierdie was denitief een vir die boeke en dit was bitter lekker om nuwe mense te ontmoet wat dieselfde passie as ek deel.

Om julle ‘n voorsmakie te gee van my volgende groot avontuur. En hierdie gaan sekerlik ‘n trip wees wat ek vir die res van my lewe gaan onthou. Ek het die geleentheid gekry om saam met ‘n skrywer ‘n roete te ry wat heel bo aan my BIKE-IT lys is. Dit gaan nie sonder baie opofferings gepaard nie, maar dit gaan ‘n epiese avontuur wees. Hierdie gebeur van 10-17 Oktober. So watch this space.

Matewis oor en uit.

Overberg Origheid

Tags

, ,

Alle goeie trippies begin met ‘n plan. Of sal ek sê , drang, ‘n hunkering na die onbekende en ‘n verkenningslus wat gevoed moet word. My plan al lank terug was om die naweek van die 21ste Maart bietjie vir Kettingsaag te vat en Witsand toe te ry. Met my laaste Malagas/Infanta trip het ek gesê ek wil teruggaan en Witsand gaan verken.

My planne vir die naweek sou nog 2 keer verander 3 weke voor die aanvang van die uittog. Ek sou hierdie trip aangepak het alleen, en bietjie die wêreld gaan verken het. Die voordeel van dit is dat ek baie flexible is en op die ingewing van die oomblik kan dinge doen en rigtings inslaan sonder om te veel te worry. My roete en planne het verander in aanloop tot die naweek en 2 weke voor die aanbreek het ek besluit om die manne in die groep saam te nooi.

Spykerkuif het dadelik gesê hy is in. Panda en Kanarie was tentatief in. Dwayne het sy arm gebreek so kom dit nie maak nie en Herman het besluit hy het genoeg gehad van die Buell en ‘n KTM gekoop. Ninja het vir Maanskyn gesê hy gaan die naweek bietjie tyd saam met haar spandeer en aangesien dit net ‘n manne-naweek was het hy besluit om sy woord te hou en hy en mamma het self ‘n paar wilde mak diere gaan kyk. Defnitief nog iets wat ek ook wil gaan doen.

Die hele Maart-maand was ‘n riller. Met rondreis vir die werk Centurion toe, familie van Chantelle wat kom kuier uit Uitenhage, my ma wat 60 raak, ‘n braai of 2 by vriende. So dit het gerook gegaan.

Intussen het ek die reën met ‘n arendsoog dopgehou. Die Maandag voor ons moet ry kry ek ‘n oproep. Kanarie het besluit hy gaan saam. Maar die Geelkameel moet gediens word. Maandag aand is ek Worcester toe vir my ma se 60ste. Dinsdag-aand weer teruggery om te werk Woensdag, Woensdag na werk al die parte gekry vir die diens aangesien Kanarie bedags in Stellenbosch sit. Donderdag middag stop ek en Kanarie so gelyk by die huis en hy begin solank die Geelkameel uitmekaar haal.

Varkboer dan lyk jy so.

Ons het ook verneem Lisa-Mari se dagmoeder is in die hospitaal opgeneem. So Fiela het by Ouma gebly vir die week. Dit was nogal vir ons ‘n groot skok. Nie omdat dit ongerieflik is nie, maar omdat tannie Bibi en oom Anton al vir ons soos ‘n ouma en oupa geraak het. So Woensdag het ons tyd gemaak en haar in die hospitaal gaan besoek. Die nuus wat ons gekry het was ‘n skok maar ons het dit semi verwag: Tannie Bibi gaan nie verder na Fiela kan kyk nie. Ek het haar toe sommer reguit gesê dat die lewe belangriker is en dat sy nou moet rus en haar lewe moet geniet. Donderdag aand gedurende die diensery het ek en Chantelle vir Daleen gaan sien wat ook hoog aangeskryf word deur tannie Bibi.

Een probleem minder. Fiela het ‘n nuwe dagmoeder. Geelkameel is toe ook gediens en aanmekaar gesit. Toe besluit ek dat ek seker sal moet begin pak vir die naweek. Een ding het soos ‘n paal bo water gestaan: Ek gaan nie my panniers saamvat nie. En so pak dat ek die topbox ook by die huis kan los as ons die Saterdag ry.

Die pakkery het sommer gou gegaan. Vrydag het ek die ure omgebid by die werk sodat dit kan 16:00 raak en ek kan ry. Toe die klok 16:00 slaan was ek opgekit en reg om in die pad te val. Eerste stop was die petrolpomp. Geen petrol. 2de stop petrolpomp verder in die pad af – geen petrol. 3de stop Engen in Stellenbosch – geen petrol. 4de stop Total by Somerset Mall. PETROL!!!! Ek het volgemaak en toe val ek en Kanarie in die pad.

Pad was redelik besig en ons het by Shell buite Botrivier gestop en vir Spykerkuif gewag. Spyker het nie lank na ons gestop nie, ons het gou paar woorde gewissel en die pad gevat Vermont toe waar ons vir Panda moes kry.

Die berg by Karwyderskraal het erg gebrand en die wind was sterker as net ‘n briesie en mens kon die vlamme van die pad af sien. Dis altyd vir my erg hoe baie diertjies omkom in sulke brande. En dis so onnodig.

Panda het sommer vir ons parkering oopgehou by Tippels, ‘n plaaslike pub in Vermont.Ons het so vinnige biertjie afgesluk net om ons in die regte stemming te kry vir die naweek en ek kon sommer van meet af sien hierdie naweek gaan ons weer lekker lag. Ons volgende stop was Woolies in Hermanus aangesien hulle die lekkerste patties het. Op die spyskaart vir Vrydag-aand was Hamburgers en chips. Ovenbake chips want dis mos gesonder en ons moes darem iets gesonds inkry die naweek.

Ek het intussen ook vir my ‘n ICE ID bandjie bestel. ICE staan vir In Case of Emergency. Ek persoonlik voel dis nogal ‘n handige ding om te hê aangesien dit jou nodige inligting verskaf aan mense as jy nie self kan praat nie. Byvoorbeeld wie om te kontak indien jy in ‘n ongeluk was. Mediese lidnommer en watter mediese fonds. Jou eie naam en van ens ens. Met die aankoms van die bandjie vra my vrou my wat dit is en ek verduidelik. Sal ek dan nou nie kommentaar kry wat sê ek is ‘n gadget guru nie?? Ek vra toe nogal hoe kan sy dit sê. Toe kom die antwoord want dis Bluetooth remote shutter, tripod, ICE ID etc etc. Ek maar net geglimlag en gesê ek maak dit vir my gerieflik en veilig.

Maar terug by die ryery. Ons het effens gedraal en die skemer het ons begin inhaal. Erens tussen Stanford en Gansbaai het Saagie se agterlig gegroet. Robin het my van agter ingery en beduie en geskree maar êrens tussen die wind en die gedreun van die Berserker en die Two Brothers het sy stem weggeraak. In Gansbaai aangekom het ons sommer by die eerste en beste winkel gestop en Coke en ‘n chippie gekoop. Ek het duim vasgehou dat Johnnie vir ons genoeg hout agtergelaat het sodat ons darem die patties kan gaar kry.

Met die gesukkel met petrol aan die Kaapse kant van die berg het ons sommer besluit om vol te maak. Dit sou help dat ons nie sukkel met petrol as ons dalk vroeg wil ry nie.

Met die tenke vol en proviant in die rugsakke het ons koers gekies uit die dorp. Panda het voorgevat, Kanarie agter hom en dan ek en Spykerkuif. Daar het intussen ‘n pad oopgemaak waarvan nie Panda of Kanarie geweet het nie. Ek het ‘n gulde geleentheid gesien om hulle bietjie ‘n streep te trek. Hulle het nog so lekker gery toe verdwyn ek en Spyker net agter hulle. Ons het al by die huis gestop toe hoor ons hoe kom hulle aan. Wat dit nog lekkerder gemaak het is dat hulle die verkeerde straat gevat het en toe moes soek vir die regte straat. Ek en Spykerkuif het eers bietjie hulle Kerrie geëet en toe word daar sommer amper dadelik vuur opgesteek en ‘n knertsie gegooi.

Op die eerste een!!!!

As julle fyn kyk sal julle sien ek staan met ‘n remote in my hand. Ek het belê in ‘n tripod vir my foon en ‘n Bluetooth remote om die fotos mee te neem. Wat ‘n awesome stukkie tegnologie. Vandag se fone neem sulke goeie fotos en met dit kan jy altyd almal in die fotos hê en niemand hoef ‘n timer te druk en soos ‘n malhaas te hardloop om in die foto te wees nie. R87 oor e-bay en elke sent werd!!!

Ons was veilig by ons bestemming en kon nou die res van die aand in ligte luim deurgaan. Met die hulp van ‘n bietjie charcoal het ons die patties gaargekry. Ovenbake chippies was in die oond, met olyf-olie, sout, peper en biltongspice oor. Dit mag dalk na ‘n vreemde kombinasie klink maar glo my. HY IS LEKKER!!!

Die patties het ook ‘n goeie skeut biltong speserye gekry en kort voor lank het ons lekker gesmul. Boys will be boys en ons het maar laterig/vroegerig die volgende oggend gaan slaap. Ek het darem seker so 3-4 ure slaap ingekry en 6:00 het daar ‘n wekker afgegaan. Met die wekker het daar ook druppels op die dak begin val en by my het daar ‘n ander wekker afgegaan. Ons het sommer so terwyl elkeen in sy bed lê vir mekaar gesê ons kan maar rustig wees en eers die weer bietjie uitkyk. So gesê so gemaak. Ons het so stuk-stuk opgestaan en ‘n koffie deurgewerk. Van die manne was maar sku vir die reën so ek het dit maar kalm gevat. Reën het my eintlik nog nooit gepla nie aangesien ek al watersopnat op my vorige Malgas trip gereën het.

Die weer het begin skietgee en ons het begin klaarmaak want ek kon toe sommer sien dié dag gaan bitter mooi uitdraai. Ons het in die pad geval en eers seelangs gery en vandaar na Uilkraal se kruis. Ek het besluit om die roete te ry wat ek en Hommel Desember saam met Oom Foe-rie, ETS en Straddle gery het. Dit was vir my ‘n baie mooi pad en die fotos moet maar hulle eie gesprek voer oor hoekom ek so sê.

20150321_083920_HDR

Net by Uilenes verby het ons links gedraai in die rigting van Beloftebos. By die volgende T –aansluiting regs en net ‘n paar honderd meter later weer links. Op hierdie pad het ons toe ook gesien waarvandaan Hermanuspietersfontein se druiwe kom. Brunia Wyne sit ook op die pad. Ons het ‘n skelm paadjie gevat wat na regs uitdraai en ‘n ent verder gestop vir ‘n breuk. Dit het begin warm word en ek het my thermals uitgezip.

Hierdie stukkie pad is werklik prentjiemooi. Bo op die plato het ons weer gestop. Spykerkuif het vergeet om sy topbox toe te maak. Ons het die uitsig so bietjie staan en beloer en ek het die manne net gou tips gegee aangesien ek die pad al voorheen gery het. Ek het geweet daar is ‘n sand stukkie en dat die pad sulke vals sand gate het. Ek het sommer voor gevat en die einste sand stukkie het my amper laat grond koop. Maar soos die DS manne al weet, staan op, kyk op, en maak OOP!! Saagie het effens gekla teen die limiter maar ek is deur en het bo gebly. Panda moes self mooi stokke vat om ongeskonde deur te kom. By ons volgende stop hoor ek Kanarie en Spykerkuif het amper vir ons lekker vars bees-steaks gereël aangesien hulle ‘n onderonsie met ‘n paar beeste teen die pad gehad het.

Ons volgende stop was Gunners in Napier. Hier het ons elkeen ‘n lekker Spitfire ontbyt en lekker sterk koffie deurgewerk. Soos altyd is die diens goed en die kos lekker!! En boonop is die koffie refills so ons bekers was deurentyd vol.

Ons het rustig uit Napier gery en die ore oopgedraai Bredasdorp toe. Die tyd het alreeds die middelpunt van die horlosie bekruip en ek het besluit ons moet gou die Mans-apteek besoek sodat ons nie later betrap word met geen voggies vir die aand nie. Aankope is gedoen en ek het seker vir die eerste keer in my loopbaan by die Shoprite groep nie in ‘n winkel ingestap nie.

Ons het gou volgemaak by die plaaslike vulstasie en kon voel die sonnetjie begin nou sommer lekker bak. Die man by die vulstasie het gesê die pad is maar skurf en ons moet mooi ry. Ons het weggetrek en weggedraai Malgas toe. Daar was nie veel te siene op die pad nie en ons het maar aangestoot. By die T-aansluiting het ons gestop en eers bietjie asem geskep.

Die manne het sommer direk op die pont opgery aangesien daar ‘n klompie bakkies toe net van hom afgery het. Volgens Wikipedia is Malgas se pont die laaste van sy soort in Suid-Afrika.

3 manne trek die handgedrewe oor die rivier. Koste vir die 4 fietse was R70 of R17.50 per fiets. Ek moet sê die uitsig vanaf die pont stroom-op en stroom af is nogal iets besonders.

Daar het ook 2 girls met ‘n tou geswaai van die wal af tot in die rivier. Het dit nie lekker gelyk nie!! Want in die pakke raak dit effens warm.

Oor die pont is ons die passie uit en was hy nou vir jou sinkplaat!! Hy sal wragtie jou stopsels en jou valstande losskud! Ons het later regs weggedraai Witsand toe en die pad het lekker oopgelê voor ons. 2 bakkies was omtrent die enigste verkeer en ons kon lekker staan en onsself net geniet.

‘n Redelike entjie verder was ek heel agter. Pad het ‘n 90 grade draai na links gemaak en daar was ‘n klompie perde in die kamp links. Ek het lekker sit en kyk na die perde en toe ek my kop terugdraai na die middelpunt vang my oog ‘n skaduwee regs langs my. Amper soos ‘n vliegtuig wat langs jou vlieg en ‘n skaduwee maak. Enigste moeilikheid was ek het glad nie ‘n vliegtuig gehoor nie. En ‘n duif of tarentaal maak nie so groot skaduwee nie. Met die draai van my kop en die gewaarwording van wat ek sien ry ek toe amper van die pad af. ‘n Hele entjie bokant my sweef ‘n aasvoël met ‘n vlerkspan wat ‘n Boeiing sal laat skaam lyk. Die ou het gedraai en toe sien ek daar is nog een. Ek is bitter spyt ek het nie gestop en fotos geneem nie. Oh well, beteken ek sal moet teruggaan en die groot Kanon(CANON) moet saamvat. Hierdie was my hoogtepunt vir die naweek. Ergste van als is nie een van die ander manne het dit gesien nie.

Ek het ingehaal en toe ons Witsand binnekom was almal dit eens. Ons is dors. Niemand van ons ken eintlik Witsand nie so ek ry toe sommer blindelings net so al met die pad langs en hier uit die niet verskyn daar ‘n lekker pub voor teen die see. Ons het langs mekaar ingetrek en met die opkyk sien ek hier staan so Hyundai karretjie met Malmesbury groot op die deur geskryf. Vroeër het Madri kommentaar gelewer op Gesigboek toe ons inteken by Gunners in Napier. Sy was die naweek daar in Witsand vir ‘n troue.

Altyd snaaks hoe sekere plekke mens net dadelik aantrek. Infanta was dadelik vir my prentjie-mooi, so ook Waenhuiskrans en Arniston. Vir beide Waenhuiskrans en Arniston het my vrou ook dadelik ‘n liefde gekry en ek reken dit sal dieselfde wees met Infanta en Witsand. Witsand se mooi strand is dadelik ‘n trekpleister. Die riviermonding is self baie mooi en ek sal dink dat mens lekker hier sal kan bly as jy ‘n boot het.

Ons het rustig ‘n biertjie genuttig ‘n foto of 6 geneem en toe in die pad geval en sommer so deur die dorp gery oppad terug na die kruis toe. Daar aangekom het ons by ‘n kruispad te staan gekom. Letterlik. Grondpad was 67km en dan het die teerpaad so oop en reguit voor ons uitgelê. Panda het voorgestel ons hou by die teer. Man was skrikkerig vir val en dan kan dit sy planne in die wiele ry vir oorsee gaan. So teer was dit toe gewees. Heidelberg toe.

En wat ‘n lifelike teerpad was dit nie! Die 4 fietse se naalde het lekker hoog gelê en ons het die reuke van die veld ingedrink terwyl die kilometers onder die wiele deurgedraf het.

Op die N2 het ons net gou gestop en paar woorde gepraat. Van hier het die wind ons laat mooi-sit op ons sale. Volgende stop was Swellendam sodat ons bietjie verversings vir die aand kan aankoop. Op die spyskaart was steak, kardoesies en mushroomsous. Ek en Kanarie het ingedraai by Swellendam en by die Checkers gestop om die nodige aankope te doen. Panda en Spykerkuif het by Buffeljags gestop om petrol in te gooi. Toe hulle weer daar wegvlieg hou Panda sommer verby oppad Riviersonderend toe. Spykerkuif ry hom toe in net so anderkant die Breerivier en toe bel hulle en sê hulle wag vir ons. Ek en Kanarie het die nodige goed gekoop, als mooi gepak en gou petrol ingegooi.

Daarna by die res aangesluit en die stuk ingesit Riviersonderend toe. Die N2 was betreklik stil en ek het by tye sommer aan die anderkant van die pad in die geel-streep gery en fotos geneem van Spykerkuif.

Toe ons wegdraai anderkant Riviersonderend op die Van Brakelstoor pad slaan ‘n blink gedagte my. As ek die GoPro omdraai neem ek lekker die manne agter my af terwyl hulle ry. Ek maak ook toe so. Toe die manne my nie meer in hulle spieels gewaar nie het hulle gestop en Spykerkuif het omgedraai en kom kyk waar ek is. Ek verduidelik toe dat en die kamera omgedraai het en hulle agter my moet ry sodat ek kan fotos neem.

In Franskraal aangekom het ons gou by die huis gestop en als afgelaai. Ons het hout nodig gehad. Ek het geweet waar om die nodige hout te kry. Ons het elkeen vir ons ‘n biertjie ingepak en afgesit Blou Sloep toe. Halfpad Blou Sloep toe kom Spykerkuif verby my en Panda gejaag. Ons stop toe, Kanarie het sy sleutels in die huis vergeet en sit gestrand. Spyker het toe teruggedraai en gou gaan oopsluit terwyl ek en Panda die laaste stukkie Blou Sloep toe gery het.

By die Blou Sloep het ons rustig ‘n biertjie gedrink en toe seelangs gery tot by die strand. Vandaar gou na die hout omie. 3 sakke hout later in topbokse en ons is oppad huis toe om ‘n lekker vuurtjie te gaan maak vir ‘n welverdiende steakie.

My en Spykerkuif te T-bones is ingevoer van Prins Alfred Hamlet. Meer spesifiek Geldenhuys Slaghuis waar ek seker al 14 jaar steak koop. Man-man ‘n 700g T-Bone.

Net om te wys ons kan gekultiveerd ook wees.

Die steakies het ons baie stadig gebraai en die resultaat??

Nou kyk, ons mag dalk ‘n klomp manne bymekaar wees, maar as die manne begin kosmaak, gaan jy verseker lekker eet.

En dit is die resultaat van ordentlike steak.

Na ‘n goeie nag se rus het ons opgestaan en rustig begin klaarmaak. Hommel het laat weet hy en Deo is lus vir bietjie gatskuur. Ek het gesê hulle moet sommer tot by ons ry in Franskraal dan kan ons vandaar grondpad vat Grootbos verby Hermanus toe waar ons middag-ete sou nuttig. Ons het gou die huis opgeruim en toe het Hommel en Klossie ook net daar aangekom. Die krag sou die heel dag af wees aangesien Eskom aan die kragdrade sou werk wat met die brand beskadig is.

Ons het weer dieselfde roete geneem oor die berg en knap voor Uilenes links gedraai. Die pad loop oor die berg en kom verby Grootbos uit op die Gansbaai-Stanford pad. Stanford het ons gestop om gou vol te maak met die duur vloeistoffies.

Ons het die pad gevat Hermanus toe en so paar mense in Hermanus eers die skrik op die lyf gejaag. Die plan was sushi te eet vir middag-ete aangesien ons nie eintlik ontbyt geëet nie. Dit sou ook Spykerkuif se eerste ontmoeting met sushi wees.

Sabre Tooth Panda

Hoe werk die stokkie goetertjies?

Spykerkuif het nie vreeslik van die smaak gehou nie en ek en Panda het sy orige sushi verslind. Vandaar is ons na Hermanus se nuwe hawe. Meer spesifiek Gecko Bar. Hier het ons elkeen ‘n lekker yskoue draught gedrink en pizza bestel. Panda het hier verbygehou en net ‘n biertjie gedrink. Ons het die lekkerste pizza geëet met die mooiste uitsig!

Ons het vir Panda gegroet en nog saamgery tot by Hemel-en-Aarde se kruis. Hier het ons gewuif en toe regs gedraai in die rigting van Caledon. Net verby La Vierge Restaurant draai daar ‘n pad links af na Karwyderskraal. Ons het die pad nog nie gery nie en ek moet se dis nogal ‘n mooi pad wat jou oor die wal van ‘n dam vat. Al wat minder mooi was is die swartgebrande landskap weerskante van ons. Ek dink altyd so aan die diertjies wat omkom in sulke brande. Wat erg is, is dat sulke brande ook lewe bring. Protea saad het sulke ekstreme hitte nodig om te ontkiem.

Ons het na Botrivier gery en vandaar deur die Van der Stel pas na die Grabouw/Villiersdorp pad. Spykerkuif het voor gevat, ek 2de en Hommel, Klossie en Kanarie after my. Die pad is prentjie mooi en ons het ook verby Kolkol gery. As jy nie weet wat dit is nie, gaan Google dit. http://www.kolkol.co.za is verseker nog op my lysie van plekke om te besoek. Ek het een van die draaie bietjie vinnig genader, my brein het skielik van overly relaxed na overly intense gegaan. Ek het gelukkig gestaan. Eerste trap op die agterrem het hy nie gevat soos ek gehoop het nie. Die 2de trap het ek die agterwiel gelock en Saagie het begin dwars trek. Ek het skiet gegee op die agterrem en hom weer gelock en toe met my voet steeds op die rem my regterhand begin draai om meer krag op die agterwiel te sit. Ek het ook besluit dat ek maar crashbars moet kry, nie dat ek hou van val nie, maar om my fiets te beskerm. Lang storie kort het ek die draai net-net gemaak. Spykerkuif het so entjie verder langs die pad gestop en gesê dieselfde draai het hom ook amper uitgevang.

Erens op my lysie van Things to do is verseker ‘n Trax off-road kurses sodat ek bietjie meer paraat kan wees en as dit nodig is my fiets dwars deur so draai ry as ek skielik in die moeilikheid is. Maar dit als kom met ondervinding. Die draai het my ook net attent gemaak daarop dat ek te vinnig ry en moet ontspan en die natuur geniet. Kanarie het ook gestop en eers gou vir my en Spykerkuif gepreek. Die nuus het gekom dat Hommel ‘n oproep van een van die pakhuise gekry het en moes terugdraai om die pakhuis te gaan besoek. Klossie het sommer saam met hom gery. Ons het skaars weggetrek toe ek sien hoe Spykerkuif ook redelik wyd gaan draai om die een draai. Ergste is daar is net na die draai ‘n laagwaterbruggie en toe kom daar nog ‘n vrou met ‘n Terios ook van voor.

Ons is darem veilig hier verby en het toe rustig gery tot by die Villiersdorp pad. Ons het die laaste stukkie gery tot net oor die brug en afgedraai Franschhoek toe . Spyker het net na die afdraai gestop en ons het mekaar gegroet. Vandaar het ek en Kanarie rustig die pas geklim en deur die mooie Franschhoek gery. So entjie voor Kooperasie Stories was daar ‘n oponthoud in die pad, gelyk of ‘n lorrie se dryf-as gebreek het. Net anderkant dit by Simondium het my en Kanarie se paaie verskillende rigting ingeslaan. Ons het gegroet en ek het die laaste stukkie huis toe rustig gery.

Ek moet sê dit was weereens ‘n naweek van lekker lag, die mooiste natuurtonele en skoon vars lug. Ons in die Weskaap is soos die Ingilsman sê “Spoilt for choice”. Mens sit met hierdie pragtige natuurskoon op jou voorstoep en dan weet die meeste mense nie eers daarvan nie. 789km gery vir die naweek met ‘n gemiddelde petrolverbruik van 20,2km/l.

Ek laat julle met ‘n gedagte van John Lennon en Ralph Waldo Emerson

Don’t go where the path my lead…  Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson

Tyd vir bietjie introspeksie

SOMMER MAAR NET

Een ding wat my verstand te bowe gaan, is hoekom ons so gejaagd is?? Aangesien ek redelik reis vir die maatskappy waarvoor ek werk kom ek met verskillende stede se mense in aanraking.

Kettingsaag het gemaak dat ek met dorpe se mense op die platteland en ander afgeleë plekke ook in aanraking kom. Gewoonlik na so trippie vra ek myself af? Is dit die moeite werd? Is dit die moeite werd om so te jaag? Na ‘n beter huis, beter kar, dubbelkajuit bakkie? Boot? Beter motorfiets?

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ons almal het drome en ideale. Maar wanneer is genoeg, genoeg. Wanneer begin die drome en ideale jou lewe oorheers en van jou ‘n mislukke mens maak. Die tipe mens wat sit met padwoede. Die een wat jou medemens langs jou niks gun nie?

Ons land sit met ‘n helse probleem met verstedeliking. Ek reken die mense op die platteland lag te lekker. Want die mense in die stede jaag van punt A na punt B. Werk toe, skool toe, huis toe. Ek is self skuldig hieraan. So ook baie mense wat ek ken.

Wanneer laas het jy gestop in Du Toitskloof en die mooi uitsig waardeer? In Bainskloof gestop en water uit ‘n bergstroom gedrink? Ek het ‘n dogtertjie wat oor minder as ‘n week 2 jaar oud raak. Ek het myself voorgeneem om haar groot te maak met ‘n liefde en waardering vir die natuur. Haar uit te vat en te wys hoe lyk diere, in die dieretuin maar ook in hulle natuurlike habitat.

Sy moet weet hoe voel die sand van die Namakwaland tussen haar tone, hoe ‘n skaaptjop smaak wat op gannabos gebraai is in die veld. ‘n Waardering hê vir elke seisoen. Van die winter met sy reën, tot die herfs met sy mooi kleure.

Ek reken stellig die mense in die platteland se lewensgehalte is baie beter as die mense in die stede. Jy leer om met minder oor die weg te kom. En om ‘n plan te maak. Ook om te beplan. Veral as jy op ‘n plaas bly, die naaste dorp 50km weg is en hulle 2 keer ‘n week vars vrugte en groente kry.

Vandat ek vir Kettingsaag gekoop het ‘n jaar terug, het hy my ontsnapping uit “Life in the fast lane” geword. My vrou en my vriende verstaan dit gelukkig. Een van die ongesproke reels in ons groep, sodra jy jou helmet oor jou kop trek, kom jou horlosie af, en tyd is irrelevant. Ek jaag elke dag ons als klaar te kry, betyds te wees vir vergaderings, deadlines etc. Op Saagie, jaag ek nie. En niks jaag my nie.

Dit beteken nie dat ek nie hou van stiptelikheid nie. As ons 8:00 vertrek op ‘n bike-trip is almal gewoonlik 8:00 daar en ons vertrek dan met ‘n uitbundige rustigheid, op ‘n nuwe avontuur. En die groot aantrekkingskrag van hierdie avontuur?? TYD.

Tyd om te stop net waar en wanneer dit jou geval. Tyd om te gaan speel met die bikes langs ‘n dam vir meer as ‘n uur lank in die sand. Tyd om elke 10km te stop en fotos te neem. Tyd om die ou langs jou te leer ken. Nie hallo en bye nie, KEN.

Ons eerste bike-trip deur die Moordenaars en Tankwa Karoo het ‘n groepie mense gevat waarvan sommige kennisse was en vriende gemaak. Met die 2de trip het ons die groep gegroei en nog mense bygevoeg. Mense wat dieselfde “common goal” het, mense wat die natuur geniet en motorfiets ry geniet.

Ek weet nie van ander nie, maar ek dink mense onderskat die waarde van die natuur. Van gaan sit en stilraak en net die normale dinge om mens inneem en bestudeer. Wanneer laas het jy ‘n koffiepit dopgehou? Reken daar sal mense wees wat nog nooit ‘n koffiepit gesien het nie. Of hoe rysmiere besig is om hulle nes reg te kry want die reën is oppad.

Ons MD het laasnaweek sy dogter aan die dood afgestaan. Sy was maar 27. In die fleur van haar lewe en nog so baie om te bereik. Hierdie dinge ruk mens tot stilstand. Laat jou soms ongemaklike vrae vra. Sulke tye doen ek gewoonlik introspeksie. Wat het ek hierdie jaar bereik? En as ek sê bereik is dit nie hoe sterk my bankrekening is? Het ek ‘n nuwe kar/bakkie etc gekoop nie.

Eerder watter verskil het ek gemaak. In my eie lewe, my vrou se lewe, my kind se lewe, my familie se lewens, vriende, werksmense?? Erens mag iemand dalk worstel met ‘n siekte. 3 min uit jou dag om vir daardie persoon te sê sterkte, of hoe gaan dit? EK dink aan jou. Maak die wêreld se verskil aan hulle. En dit kos jou NIKS!!!

Ek probeer elke dag met ‘n positiewe geaardheid benader. Onlangs is my kar se wiele reg voor ons huis gesteel. Ek het ‘n keuse gehad om woedend te wees en te kere te gaan, of om kalm te bly. Ek het kalm bly gekies. Geen gestres of gevloek sou my wiele terugbring nie. So hoekom so aangaan? Die upside was dat ek met die bike kon werk toe ry, al was dit ongerieflik omdat ek moes heen en weer ry om Lisa-Mari op te tel etc. Feit van die saak ek het dit nog steeds met ‘n glimlag gedoen.

In kort het ons almal ‘n keuse. Gaan jy toelaat dat jou verlede jou hede bepaal? Toelaat dat die ou/meisie wat jou seergemaak het hulle houvas op jou hou en jou weghou van ‘n potensiele lewensmaat?

Die lewe is kort. Bitter kort. En so gereeld kyk ons na ander mense en “judge” alte maklik.

Don’t judge other people, you don’t know what their journey is all about.

Op my pa se 60ste verjaarsdag het een van sy vriende hom gevra as hy almal daar kan raad gee wat sal dit wees??

Sy antwoord was eenvoudig: “Omring jouself met positiewe mense.”

Hierdie skynbaar eenvoudige antwoord dra eintlik so baie gewig dis scary. Ek pas dit in my lewe toe en die resultate is duidelik sigbaar.

Don’t judge other people, you don’t know what their journey is all about.

LEEF VANDAG. JOU OUDAG, EENDAG. WAS DALK VANDAG.